Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

                       

      

Rubriekskryf vir 'n bykomende inkomste

 

Jou persoonlike opleier:

 

Jaco Kirsten

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

As jy 'n kritiese koerant- of tydskrifleser is en elke keer, nadat jy 'n rubriek gelees het, dink dat jy dit óf beter, óf minstens net so goed met 'n bietjie leiding sou kon skryf, is hierdie die kursus vir jou.

Die media is altyd besig om te vernuwe en dalk lê jou eie rubriek net om die hoek en wag.

Bewapen jouself vandag met die nodige kennis en gooi jou hoek uit sodat jy 'n portefeulje kan saamstel. Dalk raap 'n koerant of tydskrif jou blitsig op om op 'n permanente basis rubrieke te skryf ...

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 10 weke

  • Modules: 5 lesse                           

  • Kursusfooi: R1,695

    Afbetalingsopsies R848 x 2 R565 x 3 R170 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Wat is rubriekskryf?

  • Leer hoe om te onderskei tussen rubriekskryf, nie-fiksieskryf en joernalistiek

  • Kenmerke van ‘n goeie rubriek

  • Raak bewus van skrywers se style

  • Vind uit waarom elkeen se style verskil

  • Ontdek jou eie styl

  • Hoeveel verskillende rubriekstyle is daar?

  • Hoe publiseer jy ‘n rubriek?

  • Leer hoe om jouself te bemark

  • Vind uit hoe sindikasie werk

  • Waar en hoe soek jy na ‘n mark?

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (35 bladsye)

  • 5 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 1 navraagbrief

  • 2 vollengte persklaar rubrieke wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelê kan word

  • Gratis databasis: 101 Afrikaanse skryfmarkte

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Goeie skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Selfstudie 

Sluit venster