


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gespesialiseerde Joernalistieke Kursusse
Gevorderde Tydskrifjoernalistiek
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Vir enige tydskrifjoernalis wat pas die vryskutmark betree, is hierdie kursus baie waardevol omdat dit nie net as 'n opknappingskursus sal dien nie, maar jou die regte rigting op jou vryskutpad sal aandui.
Hierdie kursus is veral vir jou as jy reeds ons Algemene Tydskrifjoernalistieke Kursus suksesvol voltooi en dit baie geniet het. Dit is beslis raadsaam om dié opvolgkursus te doen aangesien dit jou die fynere puntjies van tydskrifjoernalistiek sal leer en ná afloop van dié kursus sal jy oor 'n stewige artikelportfolio beskik om jou vryskutloopbaan mee af te skop.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 7 weke
-
Modules: 3 lesse
-
Kursusfooi: R1,895
Wat jy sal leer:
-
Gevorderde skryfstyl
-
Werk volgens gegewe opdragte
-
Moets en moenies van die bedryf
-
Samevatting van bedryf
Volledige kursussamestelling:
-
Volledige studiepakkette met omvattende kursusnotas (70 bladsye)
-
3 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
3 navraagbriewe
-
3 vollengte persklaar artikels wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word
-
Databasis van verskillende tydskrifmarkte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Voltooiing van Basiese Kursus in Tydskrifjoernalistiek
-
Gevorderde skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster



