


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gespesialiseerde Joernalistieke Kursusse
Betree die glanswêreld van die sterprofiel
Jou persoonlike opleier:

Kursusbesonderhede:
-
Duur: 6 weke
-
Modules: 5 lesse
-
Kursusfooi: R1,245
Wie vir dié kursus moet inskryf:
Jy's 'n sepieverslaafde wat die sepiesterre se doen en late gretig volg.
Jy mis omtrent géén artikel wat oor die sterre se doen en late handel nie.
Wat daarvan as jy self daardie artikels in glanstydskrifte begin skryf?
Ja, jy! Hierdie kursus rus jou toe om alles te weet om jou gunsteling-ster te benader en 'n artikel te skryf en te verkoop.
Wat kan lekkerder wees as om in aanraking te kom met Suid-Afrika se eie glansmense - én oor hulle te skryf? Hier's jou kans ...
Wat jy sal leer:
-
Wat is ʼn sterprofiel?
-
Belangrike vrae om jouself te vra nog voordat jy begin met jou artikel
-
Wat beskou jy as ʼn suksesvolle sterprofiel
-
Vyf stappe wat dit makliker gaan maak om die artikel te skryf
-
Bestanddele van 'n suksesvolle sterprofiel
-
Pasop vir slaggate wanneer jy sterprofiele skryf
-
Geheim van onderhoudvoering
-
Bykomende bronne van inligting
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (50 bladsye)
-
5 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar sterprofiel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.
-
Databasis van verskillende markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Goeie agtergrondkennis van die joernalistieke bedryf
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster



