


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Skryf blitsig 'n Nuusprofiel
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
"Onder vier oë". "In die warm sitplek." "Vrae en antwoorde-tyd."
Dís die tipe in diepte profielartikels wat die aandag trek omdat hulle baie meer omtrent iemand in die nuus vertel.
Nuusprofiele is ook dié profielartikels wat indringende vrae aan die nuusmaker stel, vrae wat nooit voorheen gevra is nie en vrae wat die leser 'n beter insig in die lewe, persoonlikheid en motiverings van die nuusmaker gee.
Die wêreld kán nie sonder nuusmakers bestaan nie. Hulle is immers die mense wat aan ons lewe én wêreld gestalte gee. Toegegee, sommige nuusmakers ontvang weliswaar baie negatiewe aandag, maar die meerderheid nuusmakers is positiewe rolmodelle vir Jan en Alleman met 'n unieke storie wat vertel móét word.
As jy dus die tipe leser is wat heel eerste deur tydskrifte en koerante na die profielartikels blaai voordat jy enigiets anders in die publikasie bekyk, is jy 'n goeie kandidaat vir hierdie kursus. En wie weet ... miskien lei een van jou nuusartikels tot 'n volwaardige biografie.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 8 weke
-
Modules: 4 lesse
-
Kursusfooi: R1,225
Afbetalingsopsies R613 x 2 R410 x 3 R123 x 10
Wat jy sal leer:
-
Wat is 'n nuusprofiel?
-
Hoe besluit jy op 'n profiel?
-
Beginsels van 'n nuusprofiel
-
Verstaan die verskil tussen 'n nuusprofiel en 'n sterprofiel
-
Wat maak iemand nuuswaardig genoeg vir 'n nuusprofiel?
-
Hoe kontak jy 'n onderwerp vir 'n nuusprofiel?
-
Beplan en werk die struktuur van jou nuusprofiel uit
-
Leer onderhoudvoeringstegnieke
-
Kry betroubare inligtingsbronne
-
Gebruik die basiese storiestruktuur om jou nuusprofiel te beplan
-
Beplan jou vrae
-
Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding vir jou nuusprofiel te skryf
-
Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik
-
Ken die reëls vir die korrekte gebruik van kwotasies en aanhalings
-
Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding
-
Bied jou nuusprofiel op 'n professionele wyse aan
-
Ontdek die Proust-onderhoud
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (50 bladsye)
-
5 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 navraagbrief
-
1 vollengte persklaar nuusprofielartikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word
-
Databasis van moontlike markte
-
Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Goeie skryfvaardighede
-
Joernalistieke ondervinding en/of voltooiing van Basiese Kursus in Joernalistiek
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang en kamera of selfoonkamera
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%



Jou
vryskut-besigheid