Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

   

Toetsbestuur 'n loopbaan in Motorjoernalistiek

 

Jou persoonlike opleier:

 

Jaco Kirsten

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Ouens wat van vinnige motors met hoë rewolusies hou.

Ouens wat met lang oë na advertensies van nuwe motors kyk en wonder hoe op aarde 'n mens dit regkry om so 'n blink vuurwa te toetsbestuur én boonop nog daarvoor betaal te word ook.

Ouens wat eerder 'n belangrike rugbywedstryd sal misloop om 'n motorskou in 'n ander dorp te gaan bywoon.

As jy die tipe ou is wat van kleins af foto's van motors versamel en dekades later steeds spaar vir daai bloedrooi Lamborghini, is hierdie jóú kursus. Skryf onverwyld in en toetsbestuur elke nuwe motor wat die mark binnekom.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 8 weke

  • Modules: 5 lesse                           

  • Kursusfooi: R995

    Afbetalingsopsies R498 x 2 R332 x 3 R100 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Wat is motorjoernalistiek en wat is die funksie daarvan?

  • Algemene begrippe wat motorjoernaliste moet weet

  • Leer alles omtrent padtoetse

  • Hoe skryf jy 'n padtoetsartikel?

  • Hoe word jy 'n vryskutmotorjoernalis?

  • Etiese kwessies

  • Kopiereg

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (20 bladsye)

  • 5 praktiese oefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)         

  • 1 vollengte persklaar padtoetsartikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n publikasie van die student se keuse voorgelê kan word

  • Glossarium van Afrikaanse motorterme

  • Databasis van moontlike markte

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Goeie skryfvaardighede

  • Joernalistieke ondervinding en/of voltooiing van Basiese Kursus in Joernalistiek

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang en kamera of selfoonkamera

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Terug

Sluit venster