


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gevorderde Joernalistieke kursusse
Mediese joernalistiek - die media se dokter
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Was jou hartsbegeerte op skool dalk om 'n mediese dokter te word, maar ongelukkig het jou wiskundepunte jou gepootjie? Of stel jy net geweldig belang in die mediese wêreld, maar jou nering is om te skryf?
Dit maak nie saak dat jy nie vandag 'n praktiserende mediese dokter is nie, want met hierdie skryfkursus kan jy jou twee voorliefdes maklik kombineer. Dit sal jou in staat stel om ALLES omtrent die medisyne uit te vind wat jy nog altyd wou weet, terwyl jou aanleg vir woorde jou kan help om 'n gesaghebbende op die gebied van die mediese joernalistiek te word.
Skryf sommer vandag nog in en volg in die voetspore van Suid-Afrika se bekendste mediese joernalis, dr Jan van Elfen. Wie weet? Dalk kry jy ook binnekort jou eie mediese rubriek in 'n glanstydskrif of koerant.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 3 maande
-
Modules: 6 lesse
-
Kursusfooi: R1,495
Kursusleerplan:
-
Mediese joernalistiek ontsyfer
-
Watter veld dek mediese joernalistiek?
-
Doen baie navorsing voordat jy ‘n storie benader
-
Basiese mediese kennis en begrippe
-
Wie lees gesondheidsartikels?
-
Wat is die doel van hierdie artikels?
-
Ken die verskil tussen ‘n mediese artikel en ‘n gesondheidsartikel
-
Hoe pak jy dié tipe artikel aan?
-
Hoe doen jy navorsing?
-
Vir en oor wie of wat skryf jy?
-
Bou ‘n kontaknetwerk op
-
Etiek
-
Plagiaat
-
Kopiereg
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (25 bladsye)
-
6 skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif voorgelê kan word
-
Glossarium van basiese mediese terme
-
Databasis van moontlike markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Deeglike agtergrondkennis van die joernalistieke bedryf
-
Bogemiddelde skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster


