


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gespesialiseerde Joernalistieke kursusse
Mediese joernalistiek - die mediadokter
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Was jou hartsbegeerte op skool dalk om 'n mediese dokter te word, maar ongelukkig het jou wiskundepunte jou gepootjie? Of stel jy net geweldig belang in die mediese wêreld, maar jou nering is om te skryf? Kombineer die twee met 'n kursus in mediese joernalistiek. Dit sal jou in staat stel om ALLES omtrent medies uit te vind wat jy nog altyd wou weet, terwyl jou aanleg vir woorde jou kan help om 'n gesaghebbende op die gebied van die mediese joernalistiek te word.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 2 maande
-
Modules: 6 lesse
-
Kursusfooi: R2 850.00
Kursusleerplan:
-
Mediese joernalistiek ontsyfer
-
Watter veld dek mediese joernalistiek?
-
Doen baie navorsing voordat jy ‘n storie benader
-
Basiese mediese kennis en begrippe
-
Wie lees gesondheidsartikels?
-
Wat is die doel van hierdie artikels?
-
Ken die verskil tussen ‘n mediese artikel en ‘n gesondheidsartikel
-
Hoe pak jy dié tipe artikel aan?
-
Hoe doen jy navorsing?
-
Vir en oor wie of wat skryf jy?
-
Bou ‘n kontaknetwerk op
-
Etiek
-
Plagiaat
-
Kopiereg
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (25 bladsye)
-
6 skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif voorgelê kan word
-
Glossarium van basiese mediese terme
-
Databasis van moontlike markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Deeglike agtergrondkennis van die joernalistieke bedryf
-
Bogemiddelde skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%

