


Welkom by SA Vryskutskrywer - Inspirasie-artikels
Skryf inspirasie-artikels wat saak maak
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Ons het almal iemand nodig na wie ons kan opsien, en daar is baie sulke mense in die wêreld: mense wat 'n tragedie oorleef het en nou ander mense in soortgelyke situasies kan help om die mas op te kom. Of iemand wat net sy lewe daaraan wy om minderbevoorregtes te help.
As jy iemand is wat daarvan hou om tussen mense te wees en belangstel in die doen en late van iemand wat teenspoed oorwin het en só sterk anderkant uitgekom het dat hy nou ander mense kan help, is hierdie kursus nét vir jou saamgestel. Dis nóú jou kans om die wêreld van ons eietydse helde te vertel. En om 'n verskil in mense se lewens te maak.
'n Bundel inspirasie-artikels kan ook die voorloper wees tot jou eerste niefiksieboek.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 6 weke
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R1,145
Wat jy sal leer:
-
Waar soek jy na inspirasiestories?
-
Die beeld van joernaliste en hoe om vertroue te wen
-
Hoe om inspirasiestories te skryf
-
Inspirasiestories is persoonlik van aard
-
Dit behels ‘n emosionele stryd of besluit wat jou lewe verander
-
Wat is ‘n goeie inspirasiestorie?
-
Wenke vir die skryf van ‘n goeie storie
-
Navorsing
-
Inleiding en slot
-
Waarom jy nie moet uitstel om te skryf nie
-
Idees vir stories
-
Af dae
-
Die doel van jou artikel
-
Struktuur
-
Onderwerpe
-
Atmosfeer en stemming
-
Wenke vir onderhoudvoering
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (50 bladsye)
-
2 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.
-
Databasis vir verskillende markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Deeglike agtergrondkennis van die joernalistieke bedryf
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
'n Kamera (opsioneel)
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster



