


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gevorderde Joernalistieke Kursusse
Terapeutiese humorartikels vir 'n stukkende wêreld
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
"Huil en jy huil alleen," lui die spreekwoord, "maar lag en die hele wêreld lag saam met jou."
Koerante is vol morbiede nuus. Televisienuus bevat dieselfde stories. Oral waar jy kyk loop mense met lang gesigte want hulle word oorval met slegte nuus. Jý kan egter 'n verskil maak.
Span jou humorsin in om mense te laat lag en hul dae op te vrolik met humorartikels. Laat jou humorartikels die negatiewe invloede van die moderne wêreld 'n bietjie neutraliseer. Met net jou pen en notaboek kan jy die wêreld help.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 4 weke
-
Modules: 1 les
-
Kursusfooi: R895
Wat jy sal leer:
-
Waaroor om te skryf
-
Die waarheid werk beter
-
‘n Paar elemente om in gedagte te hou
-
Teiken jou gehoor
-
Moet nie persoonlike ervarings geringskat nie
-
Teorie oor humor
-
"Punch line" en verrassingselement
-
Probleme en snaakse oplossings
-
Skryfstyl
-
Wenke
-
Navorsing
-
Clichés
-
Plagiaat
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (20 bladsye)
-
1 skryfoefening (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word.
-
Databasis vir verskillende markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Deeglike agtergrondkennis van die joernalistieke bedryf
-
Goeie skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster



