


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Algemene en basiese joernalistieke Skryfkursusse
Joernalistieke kursusse vir die kieskeurige skrywer. Met 'n basiese kennis van joernalistiek kan jy jou loopbaan en skryfliefde 'n stappie verder neem met een van ons gespesialiseerde kursusse. Omdat daar vanuit die staanspoor aangeneem word dat jy die basiese beginsels van joernalistiek reeds ken, fokus elkeen van dié kursusse op die onderwerp waarin jy graag wil spesialiseer. Ons skrywers is almal kenners op hul onderskeie gebiede en deel al hul kennis met jou. Die kursusse is prakties, doelgerig en gewaarborg om jou alles te leer wat jy benodig om 'n deurbraak in 'n spesialismark te maak.
'n
Vereiste om vir enigeen van dié kursusse in te skryf, is dat jy alreeds oor 'n
basiese kennis van joernalistiek moet
beskik. Indien jy egter 'n algehele beginner is,
stel ons voor dat jy eers die
Basiese kursus in Joernalistiek voltooi en daarna vir die gespesialiseerde kursus van jou keuse
inskryf.
Mediese joernalistiek - van sleutelbord na stetoskoop
Wou
jy nog altyd 'n dokter word, maar jou skryfvaardighede was beter as jou
wiskundepunte? Stel jy belang in die virusse wat skielik wêreldwyd soveel opslae
maak? Is leesstof oor die jongste mediese navorsing vir jou so noodsaaklik soos
jou daaglikse brood? Wil jy graag 'n verskil aan mense se lewens maak deur
navorsing te doen en hulle ingelig te hou oor mediese kennis wêreldwyd? As jy
dus voel jy moes eintlik 'n loopbaankeuse in 'n mediese rigting gemaak het, maar
dat dit nou te laat is vir so 'n reuse verandering, is hierdie die kursus vir
jou. Ons leer jou alles ... hoe om navorsing te doen, waar om feite gestaaf te
kry, hoe om die protokol rondom mediese joernalistiek te handhaaf. Laat jou
versteekte passie vir jou werk. Ons wys jou hoe.
Volledige
kursusbesonderhede
Skryf Inspirasie-artikels wat saak maak
Inspirasieskrywers
maak 'n verskil. Hulle skryf oor daardie hartsake wat jou 'n lekker warm gevoel
om die hart gee en hoop vir soms hopelose situasies. Inspirasieskrywers is
joernaliste teenoor wie ander mense hul harte oopmaak. Al wat jy nodig het is 'n
simpatieke oor, 'n invalshoek en die vaardigheid om so 'n storie te skryf.
Inspirasiestories is 'n wenresep vir bykans enige publikasie - van
vrouetydskrifte tot dagblaaie. Dit is die soort stories wat mense laat praat,
bemoedig en emosioneel opbou. 'n Goeie inspirasiestorie laat 'n tydskrif van die
rakke vlieg. Daar is altyd 'n aanvraag vir inspirasiestories maar dan moet
hierdie stories met die nodige sensitiwiteit en diskresie geskryf word. Dis
makliker as wat jy dink en ons opleiers se jarelange ervaring sal jou vinnig
laat publiseer.
Volledige
kursusbesonderhede
Ontdek die formule vir "Ware lewensdrama"-artikels
Jy
skryf die storie agter die storie. Jy vertel vir jou lesers meer oor dit waaroor
dit in die media gons en waaroor almal praat. Die lewe is vol dramas en
Suid-Afrika is 'n joernalis se droom. Min stories gryp lesers so aan as 'n ware
lewensdrama - doodeenvoudig omdat dit die waarheid is. Die gesegde dat feite
vreemde as versinsel is, is die grondslag van ware lewensverhale. Dit is die
stories waarvan jy op plakkate teen lamppale lees en wat jou naam as joernalis
vestig. Om 'n lewensdrama te skryf is een van die opwindendste vorms van
joernalistiek. Dit vorm as't ware deel van die geskiedenis. Maar daar is
duidelike riglyne, etiese standaarde wat gevolg moet word en 'n gegewe skryfstyl
wat tot 'n wenresep hiervoor sal bydra. Ons sal jou wys hoe.
Volledige
kursusbesonderhede
Terapeutiese Humorartikels vir 'n stukkende wêreld
Humorartikels
word deur talle skrywers as een van die moeilikste vorms van joernalistiek
beskou. Maar as jy weet hoe om dit te skryf, is dit net so maklik om lesers te
laat lag as wat dit is om hulle te laat dink (aktuele artikels) of om hulle te
inspireer of 'n traantjie te laat wegpink (inspirasie artikels.) Humorstories
bly gewild. Die wenner van 2009 se Caxton Skrywer van die Jaar was
byvoorbeeld Vrouekeur se Sophia wat veral vir haar humoristiese rubrieke
gewild is. Om humorstories te skryf is 'n vaardigheid wat aangeleer kan word.
Ons sal jou wys hoe om met slim sinne en die regte tydsbereking en struktuur die
humor in selfs die mees alledaagse situasies raak te sien en hoe om dit aan
lesers oor te dra. Dis makliker as wat jy dink en dis uiters bevredigend om
lesers in ons misdaadgeteisterde land nog te laat lag - al is dit met 'n tikkie
galgehumor.
Volledige
kursusbesonderhede
Betree die glanswêreld van die Sterprofiel
Met
die beheptheid rondom vermaaklikheidsterre en hulle doen en late, skiet nuwe
glanspersoonlikheidtydskrifte soos paddastoele op. Behalwe vir 'n toegewyde
sterprofielmark, kan jy nie deur 'n tydskrif of koerant blaai sonder om van die
sterre se bedrywighede - goed of sleg - te verneem nie. Jykan hulle ook nie
miskyk nie want dis al gesigte wat op voorblaaie gebruikword, want wanneer 'n
ster 'n hoogtepunt bereik - positief of negatief - is sy verkoopwaarde vir 'n
publikasie soveel hoër. Voltooi dié kursus en jy sal nooit 'n gebrek aan
moontlike markte hê nie - die mensdom is nou maar eenmaal behep met die
bekendes: ons wil ALTYD weet wat in hulle lewens aangaan!
Volledige
kursusbesonderhede
Gevorderde kursus in Tydskrifjoernalistiek
Nadat
jy die
basiese kursus in tydskrifjoernalistiek voltooi het, is die kans goed dat jy
dalk só begeesterd is dat jy reken jy wil 'n opvolgkursus doen - net om seker te
maak jy slaan die artikelredakteurs by al die tydskrifte se voete skoon onder
hulle uit. Ons gevorderde kursus in tydskrifjoernalistiek neem dít wat jy in die
basiese kursus geneem het net so 'n stappie verder - en sorg dat jy reeds 'n
portfolio het wanneer jy begin om jou artikels op jou eis te smous.
Volledige kursusbesonderhede
Ontdek die lonende bedryf van Korporatiewe Joernalistiek
Korporatiewe
joernalistiek kan beskryf word as enige soort skryfwerk wat nie fiksie of poësie
is nie en wat ook nie die breë algemene publiek se belangstelling sal lok nie.
Korporatiewe joernalistiek is dus die ingeligte samestelling van
spesialisartikels met behulp van navorsing en medewerking van vakkundiges oor
gegewe onderwerpe. as jy die tipe skrywer is wat nie bang is om ‘n berg
navorsing vir ‘n enkele artikel te doen nie, hierdie die kursus vir jou is.
Volledige kursusbesonderhede
Skryf blitsig 'n Nuusprofiel
Die
wêreld kán nie sonder nuusmakers bestaan nie. Hulle is immers die mense wat aan
ons lewe én wêreld gestalte gee. Toegegee, sommige nuusmakers ontvang weliswaar
baie negatiewe aandag, maar die meerderheid nuusmakers is positiewe rolmodelle
vir Jan en Alleman met 'n unieke storie wat vertel móét word. As jy dus die tipe
leser is wat heel eerste deur tydskrifte en koerante na die profielartikels
blaai voordat jy enigiets anders in die publikasie bekyk, is jy 'n goeie
kandidaat vir hierdie kursus. En wie weet ... miskien ly een van jou
nuusartikels tot 'n volwaardige biografie.
Volledige
besonderhede
Toetsbestuur 'n vryskutloopbaan in Motorjoernalistiek
As
jy die tipe ou is wat van kleins af foto's van motors versamel en dekades later
steeds spaar vir daai bloedrooi Lamborghini, is hierdie jóú kursus. Skryf
onverwyld in en toetsbestuur elke nuwe motor wat die mark binnekom.
Volledige kursusbesonderhede
Hoe om 'n Feature te skryf
Is jy die tipe persoon wat méér as die daaglikse nuusdosis in die koerante moet weet? Het jy altyd 'n honderd vrae nadat jy 'n nuusberig gelees het? Of kan jy oombliklik insien dat daar 'n "storie agter die storie" moet en kan wees? Volledige kursusbesonderhede
Ondersoekende joernalistiek vir beginners
Ondersoekende joernalistiek is baie soos om die
nuus onder 'n vergrootglas te bekyk - jy soek na enige leidraad wat die gewone
nuusstorieskrywer dalk misgekyk het, of ontwikkel 'n idee wat uit 'n nuusstorie
voortspruit tot 'n volwaardige nuusartikel.
Volledige kursusbesonderhede


Jou
vryskut-besigheid