


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse
Verdien
geld met Tydskrifjoernalistiek
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Tydskrifjoernalistiek is een van die interessantste beroepe wat daar is.
As jy op skool uitgeblink het in take doen, opstelle kon skryf of feitelike verslae saamgestel het wat jou onderwysers na hul asems laat snak het, is jy van die regte stoffasie om 'n tydskrifjoernalis te word.
Met 'n Afrikaanse mark wat uit minstens 'n honderd tydskrifte bestaan, hoef jy nooit sonder werk te sit nie. As jy nie geld met tydskrifjoernalistiek kan verdien nie, is dit net jou eie dryfkrag wat jou terughou.
Skryf dus sommer vandag nog in as jy die wêreld wil verken, jou horisonne wil verbreed, buitengewone mense wil ontmoet of toegang tot aktiwiteite en gebeure wil verkry wat net vir tydskrifjoernaliste beskore is. En skryf sonder verwyl in as jy jou eie besigheid as tydskrifskrywer wil bedryf.
Daar wag 'n hele nuwe wêreld vir jou binne die raamwerk van tydskrifjoernalistiek - en dit terwyl jy die grondslag vir jou eie vryskutbesigheid lê.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 5 maande
-
Modules: 10 modules
-
Kursusfooi: R3,125
Afbetalingsopsies R1,565 x 2 R1,045 x 3 R315 x 10
Wat jy sal leer:
-
Verstaan waarom tydskrifjoernalistiek soveel van ander skryfgenres verskil
-
Weet wat jy nodig het om as vryskutjoernalis ‘n begin te maak
-
Leer hoe om tydskrifartikels volledig te ontleed
-
Vind meer uit omtrent die tydskrifbedryf self
-
Ontleed die beskikbare tydskrifmarkte
-
Leer waar en hoe om trefferidees te vind
-
Onderskei tussen ‘n onderwerp en ‘n invalshoek
-
Vind uit hoe om die perfekte navraagbrief te skryf
-
Onderskei tussen spekulasiestories, navrae en formele opdragte
-
Vind meer uit rondom kontrakte
-
Ken jou intellektuele regte
-
Beplan en werk die struktuur van jou artikel uit
-
Leer onderhoudvoeringstegnieke
-
Kry betroubare inligtingsbronne
-
Verstaan wat plagiaat is en hoe om dit te vermy
-
Leer hoe om ‘n onweerstaanbare inleiding tot ‘n artikel te skryf
-
Leer hoe om verskillende artikelformules te gebruik en wanneer
-
Gebruik oorgangstegnieke en logiese vloei om leesbaarheid te vergemaklik
-
Identifiseer die faktore wat leesbaarheid beïnvloed
-
Vind uit hoe om kassies en inligtingsblokkies doeltreffend te gebruik
-
Leer waarom ‘n slot net so belangrik is as ‘n inleiding
-
Vind uit hoe om jou artikels op ‘n professionele wyse aan te bied
-
Oorwin terugslae en skrywersblok
-
Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (300 bladsye)
-
15 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 navraagbrief
-
1 vollengte persklaar artikel wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse voorgelê word
-
Gratis databasis: 101 Afrikaanse skryfmarkte
-
Gratis e-boek: Jou vryskutbesigheid om jou in staat te stel om 'n vryskutbesigheid op die been te bring
-
Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang en kamera of selfoonkamera
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%



Jou
vryskut-besigheid