


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Koerantjoernalistiek in 'n kits
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Is jy 'n ywerige koerantleser?
Stel jy belang in die nuus?
Het jy 'n "neus vir nuus"?
Wil jy graag deel wees van nuusinsameling?
Wil jy jou naam in druk sien?
Mis jy nooit 'n belangrike gebeurtenis nie?
Is jy nogal bedrewe met die pen en soms met die kamera?
Hou jy daarvan om dieper te delf as wat ander mense op die oppervlakte kyk?
As jy nog altyd daarvan gedroom het om 'n koerantverslaggewer te wees, is hierdie jou geleentheid. Die kans dat jy ooit sonder genoeg werk sal wees, is bykans nul, want met elke gebeurtenis - hoe groot of klein ook al - is koerante altyd daar met die nuus in diepte.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 10 weke
-
Modules: 5 lesse
-
Kursusfooi: R1,595
Afbetalingsopsies R798 x 2 R532 x 3 R160 x 10
Wat jy sal leer:
-
Geskiedkundige oorsig van koerante
-
Verstaan hoe die koeranthiërargie werk
-
Die drukproses
-
Vind uit wat nuus werklik is
-
Weet uit watter elemente 'n goeie nuusberig bestaan
-
Leer die funksies van die vier Ws + H en die omgekeerde piramide
-
Onderskei tussen berigte en artikels
-
Verstaan die regsreëls van die joernalistieke erekode
-
Weet hoe om kontakte op te bou en te behou
-
Sirkulasie en leserstal
-
Harde nuus, gewone nuus
-
Menslike stories
-
Rubrieke
-
Onderafdelings van koerantwerk - resensies, voorskoue, ontledings, opiniestukke
-
Toekoms van massamedia
-
Leer die korrekte protokol rondom die dekking van hofstories
-
Werk daaraan om foutlose grammatika te gebruik
-
Koerantfotografie 101
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (100 bladsye)
-
10 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
5 persklaar nuusberigte
-
3 nuusfoto's
-
Gratis databasis van koerantmarkte
-
Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Kamera
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%



Jou
vryskut-besigheid