


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gespesialiseerde Joernalistiek
"Harde nuus"-verslaggewing ontlont
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Jy is die tipe mens wat nie jou dag kan begin sonder om eers die oggendkoerant van hoek tot kant deur te lees nie. Wanneer jy by die werk kom, skakel jy jou rekenaar aan ... nie om jou e-pos af te laai nie, maar om gou na die nuushooftrekke via internet te kyk om agter te kom of daar al iets gebeur het in die tydjie sedert jy by die huis weg is en jou aankoms op kantoor.
Saans, nadat al die huismense al gaan slaap het, sluip jy gou na jou rekenaar toe om net weer te sien wat daar in die węreld gebeur het voordat jy ook gaan slaap.
Is dit dalk jy? Is jy verslaaf aan nuus? Is jy een van daardie mense wat ALTYD ingelig is, maak nie saak wat in die węreld gebeur nie?
Indien jy jouself hierbo herken, is hierdie kursus nommerpas vir jou. Deur te leer hoe nuus geskryf en saamgestel word, kan jy dalk binnekort jou passie uitleef ... as vryskutnuusskrywer vir jou plaaslike koerant of selfs 'n nasionale dagblad.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 6 weke
-
Modules: 4 lesse
-
Kursusfooi: R1,245
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Wat jy sal leer:
-
Wat is nuus?
-
Verskil tussen "harde" en "sagte" nuus
-
Is jy gereed vir die węreld van "harde nuus"?
-
Wat is 'n joernalis?
-
Hoe werk vryskutnuusverslaggewing?
-
Nuusterme
-
5 elemente van 'n nuusberig
-
Waar kry jy nuus?
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (50 bladsye)
-
12 skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
1 vollengte persklaar nuusstorie wat direk na afloop van die kursus aan ‘n koerant van die student se keuse voorgelę word.
-
Databasis vir verskillende markte
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende voltooiing van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Kamera (opsioneel)
-
Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster


