


Welkom by SA Vryskutskrywer - Algemene Joernalistieke skryfkursusse
Geheime van Gemeenskapsjoernalistiek
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Stel jy belang in die nuus? Wil jy graag deel wees van nuusinsameling? Wil jy jou naam in druk sien? Mis jy nooit 'n belangrike gebeurtenis op jou dorp of in jou woonbuurt nie? Is jy nogal bedrewe met die pen en kamera? As jy nog altyd daarvan gedroom het om 'n koerantverslaggewer te wees, is hierdie jou kans. Gemeenskapskoerantjoernalistiek gee jou die geleentheid om jou droom uit te leef terwyl jy jou lesers ingelig en op hoogte van gebeure eie aan julle gemeenskap hou.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 6 weke
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R1 445.00
Wat jy sal leer:
-
Hoe lyk die media?
-
Wat is die geleenthede?
-
Voordat jy begin skryf
-
Hoe lyk 'n berig?
-
Onontbeerlike inligting vir elke joernalis
-
As jy oor mense skryf
-
Die kuns van onderhoudvoering
-
Verskillende soorte berigte
-
Koeranttaal, punktuasie en woorde as gereedskap
-
Paragrawe en slotopmerkings
-
Redigering
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (30 bladsye)
-
'n Databasis van markte wat spesifiek op die gemeenskapsjoernalistiek fokus
-
4 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
2 persklaar berigte wat dadelik na afloop van die kursus voorgelê kan word
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Geen vorige ondervinding van joernalistiek word vereis nie
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
'n Kamera
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster


