


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Inleiding tot Fotojoernalistiek
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
As jy lief is vir skryf en net so lief daarvoor om foto's te neem, lê die opwindende wêreld van fotojoernalistiek oop voor jou.
Min loopbane bevat elemente van soveel uiteenlopende werke en géén loopbaan is so bevredigend nie.
Dink net ... hou jy van skryf? Die joernalistieke gedeelte in fotojoernalistiek is dan vir jou.
Is jy gek daarna om foto's te neem en oorspronklike onderskrifte vir hulle uit te dink? Weer eens kan fotojoernalistiek jou woord- en fotovernuf in 'n hegte eenheid saamsnoer.
Kombineer dus jou belangstelling in fotografie met 'n opleiding in joernalistiek en benut die tegnologie om 'n hele nuwe lewe te ontgin.
En as jy dalk midde-in jou "midlife crisis" is en op soek na avontuur - hier is die regte medisyne ....
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 10 weke
-
Modules: 5 lesse
-
Kursusfooi: R1,245
Afbetalingsopsies R623 x 2 R415 x 3 R125 x 10
Die
suksesvolle voltooiing van hierdie kursus is 'n voorvereiste vir ons
gevorderde fotojoernalistieke kursus.
Wat jy sal leer:
-
Wat is fotojoernalistiek?
-
Ken jou kamera
-
Fotografie 101
-
Sleutelfaktore van fotojoernalistiek
-
Fotowenke wat wérk
-
Vind jou skryfstyl
-
Tipes fotojoernalistiek
-
Kenmerke van foto-essays
-
Gepaste onderskrifte
-
Vind idees vir artikels en foto’s
-
Korrekte komposisie van foto’s
-
Ken jou intellektuele regte
-
Etiese kode, riglyne en plagiaat
-
Verstaan die grondtrekke van kopiereg en sindikasie
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (50 bladsye)
-
5 praktiese skryf- en foto-oefeninge
-
1 teoretiese aanlyneksamen (jy en jou persoonlike opleier is albei vir 60 minute gelyktydig aanlyn)
-
1 volledige foto-essay wat direk na afloop van die kursus aan 'n publikasie van die student se keuse voorgelê kan word
-
1 portefeulje met foto's en onderskrifte wat aan 'n publikasie van die student se keuse voorgelê kan word
-
Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
'n Kamera
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%



Jou
vryskut-besigheid