Welkom by SA Vryskutskrywer - Algemene Joernalistieke Skryfkursusse

 

Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en roem

 

Jou persoonlike opleier:

 

 Leoni Benghiat

   

                  

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Die toekoms van nuusinsameling lê by Jan en Alleman want niemand is deesdae beter toegerus om blitsig 'n nuusstorie te vind en die wêreld in te stuur as die gewone mens nie. Al wat jy benodig is 'n rekenaar, selfoon en internetverbinding en jy kan blitsig jou stories na die groot nuusmaatskappye versend.

Geen wonder dus dat die eerste nuus oor die vernietigende aardbewing in Haïti verlede jaar deur 'n doodgewone burger op die internet geplaas is nie. En die koning van pop, Michael Jackson, se dood is ook eerste op 'n sosiale netwerk bekend gemaak. Nuus uit die oorloggeteisterde Afghanistan kon vir 'n byna 'n week slegs deur middel van gewone mense se nuusdekking die wêreld ingestuur word.

En mediamagnate sit regop en neem kennis van die gewone mens se vermoë om hulle oë en ore te wees waar hulle nie kan bykom nie.

Dus: Stel jy belang in die nuus? Wil jy graag deel wees van nuusinsameling? Wil jy jou naam in druk sien? Mis jy nooit 'n belangrike gebeurtenis nie? Is jy nogal bedrewe met die pen en kamera?

As jy nog altyd daarvan gedroom het om in jou vrye tyd 'n koerantverslaggewer te wees, is hierdie jou kans.

Jy kan lag-lag vanuit jou huis 'n lonende tweede loopbaan as 'n allemansjoernalis (citizen's journalist) bedryf. Die wêreld se manier van nuusinsameling is besig om drasties te verander en gewone mense is dié wat deesdae oor groot nuusgebeurtenisse met selfone en klein digitale kameras verslag doen. As jy dus droom oor 'n opwindende manier van ekstra geld verdien, maar nog nie gereed is om jou huidige werk vaarwel toe te roep nie, is Allemansjoernalistiek net die een vir jou.

 

Kursusbesonderhede:

                                                      

Wat jy sal leer:

 

Volledige kursussamestelling:

 

Toelatingsvereistes:

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

      Skryfkursusse                      Sluit Venster