


Welkom by SA Vryskutskrywer - Algemene Joernalistieke Skryfkursusse
Jy is nou by die ideale plek om deeglike kennis van joernalistiek op te doen - hetsy as beginner of indien jy net jou kennis weer wil opknap. Ons volledige kursusse dek alle aspekte van 'n gegewe joernalistieke onderwerp, wat jou in staat stel om direk na voltooiing van die kursus die vryskutmark te betree en jou werk te verkoop en gepubliseer te kry. Daardie artikels waaraan jy altyd so lekker in die tydskrifte en koerante lees - die skrywer het ook heel onder begin. Hy het ook net 'n droom gehad om mee weg te spring. Maar hy het 'n kopskuif gemaak om daardie droom 'n werklikheid te maak. Jy kan ook want ons opleiers is van die beste op hul gebied en lei jou stap vir stap. En hulle doen moeite, want dit verg moeite om 'n artikelskrywer te word wat toegegooi word onder werk. Ons opleiers is sulke mense.
-
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
Vergeet
van vervelige teorie. Hierdie kursus rus jou toe met ALLES wat jy moet weet om
'n suksesvolle tydskrifartikelskrywer te word - terwyl jy dit geniet om te leer.
Vanaf Module Een word jy stap vir stap gehelp om 'n eie skryfstyl te ontwikkel
en volgens tydskrifte se riglyne te skryf. Dis 'n praktiese, op die man af,
kursus. Jy gebruik die skryftalent wat jy gekry het - maak nie saak hoe baie of
hoe min nie - en jy slyp dit totdat jy feitlik enige tipe artikel vir enige tipe
publikasie kan skryf. Ons hou niks terug nie en na voltooiing van die kursus,
word jy boonop outomaties deel van ons skrywersgemeenskap waar jy altyd
ondersteuning sal kry om jou nuwe skryfloopbaan op koers te hou.
Volledige kursusbesonderhede
-
Riglyne vir Christelike joernalistiek
Het
jy al ooit daarvan gedroom om die wêreld 'n beter plek te maak? Om 'n wesentlike
verskil in mense se lewens te bewerkstellig? Met genoeg kennis van Christelike
tydskrifjoernalistiek kán jy. Jy kan raad gee, hulp verleen, die morele verval
probeer stuit. Jy kán die wêreld 'n beter plek maak. Help ander om hulle kruis
op te neem en te dra deur die Gees wat deur jou sleutelbord werk.
Volledige kursusbesonderhede
-
Basiese kursus in Fotojoernalistiek
Betree
die wêreld van fotojoernalistiek... 'n wêreld waar foto's stories illustreer en
kom maak opnuut kennis met jou kamera. Met 'n professionele menslike benadering
sal hierdie beroep jou tot groot hoogtes neem. Soos wat jy in jou beroep vorder,
sal jy weldra die voorreg smaak om bekendes te ontmoet, en weg te stap met 'n
warm gevoel onder die hart. Uit die aard van hiérdie beroep gaan jy ook betrokke
raak by mense se seer en soms haglike omstandighede. Dus as jy nie 'n sissie is
nie, is hierdie kursus nommerpas vir jou.
Volledige
kursusbesonderhede
-
Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en roem
Van
Alaska tot Zimbabwe, van China tot Hollywood, van die rykstes tot die armstes
... nêrens op aarde is iemand teen nuus bestand nie. Maar waar die
groot mediamaatskappye tot redelik onlangs nog die alleenreg op nuusinsameling
gehad het, het die draagbare tegnologiese revolusie die mag nou vierkantig
in die hande van Jan en Alleman geplaas. Die idee agter allemansjoernalistiek (citizen
journalism) is dat mense sonder formele joernalistieke opleiding toegelaat
word om met behulp van die moderne tegnologie en die globale reikwydte van die
internet nuus te versprei. Gewone mense word die gemeenskap se oë en ore op die
grond. Nuus is nou varser as ooit voorheen want die joernalis is midde-in die
gebeure - gewapen met sy selfoon en rekenaar. Wil jy deel word van hierdie
globale netwerk nie-amptelike joernaliste? Is jy 'n
Facebooker of twiet jy elke halfuur op Twitter? Dan is hierdie die
kursus vir jou, want ons leer jou al die reëls en regulasies van joernalistiek,
en die moets en moenies om jou toe te rus om 'n voordeel bo die tradisionele
media te hê.
Volledige kursusbesonderhede
-
Koerantjoernalistiek in 'n kits
Glo
jy dat koerantjoernaliste dalk die mees betowerende loopbaan op aarde het? Jy's
reg! Waar anders word jy betaal om sosiale geleenthede by te woon? Met beroemdes
en bekendes skouers te skuur? Nuwe avonture te beleef waaroor die gemiddelde
koerantleser maar net kan droom? Eerstehande kennis van geskiedkundige
gebeurtenisse op te doen of dit dalk self te beleef? Betáál te word om by 'n
nuwe restaurant te gaan eet of te gaan fliek? Jy sien...? Van al die beroepe wat
daar is, is daar min wat kan kers vashou by koerantjoernalistiek as dit kom by
verskeidenheid. Géén twee dae in 'n werkweek is dieselfde nie; elke dag 'n nuwe
uitdaging. En selfs die lang ure kry niemand onder nie, want wanneer die
adrenalien tydens saktyd deur almal se are pomp, dink niemand daaraan om huis
toe te gaan nie - al het hulle vyfuur daardie oggend reeds begin werk. Stel jy
belang om drukkersink in jou are te voel?
Volledige kursusbesonderhede
-
Die geheim van Gemeenskapsjoernalistiek
Een
van die vinnig-groeiendste plaaslike markte is dié gemeenskapskoerante - die
sogenaamde "knock-n-drop" gratis koerante wat oral in die elke dorp en stad
beskikbaar is, sowel as die plaaslike koerante wat ook weekliks teen 'n minimale
bedrag verkoop word. Dié gemeenskapskoerante bevat slegs nuus uit die plaaslike
gemeenskap. Dis die koerante wat elke week deur die dorp of gebied se inwoners
verslind word, want behalwe vir harde nuus wat daarin voorkom, is daar ook
gewone stories van gewone inwoners wat iets spesiaal gedoen of 'n uitsonderlike
prestasie behaal het. Dis ook dikwels die enigste bron van inkomste vir menige
mense wat nie in die hoofstroomkoerante belangstel nie. Die gemeenskapsjoernalis
vervul dus 'n baie belangrike funksie en is gewoonlik die spreekwoordelike
"groot vis in 'n klein poeletjie" want as enigiets gebeur, is dit nie die
hoofstroom koerante wat gekontak word nie, maar die plaaslike koerant se
redaksie.
Volledige kursusbesonderhede
-
Reisjoernalistiek - word betaal om vakansie te hou
Reis
is lekker. Skryf is lekkerder. Min dinge klop skryf oor reis. Dit is egter nie
net die lekker waaroor dit gaan nie – ‘n verslaggewer / joernalis het ‘n groot
verantwoordelikheid wanneer dit by sulke berigte of artikels kom. Mense lees wat
jy skryf, en as jy onregverdig is, kan dit mense wat hul brood en botter in dié
wêreld verdien, erg benadeel. Maar ‘n mens skryf ook nie net alles is mooi net
om gratis verblyf of ander voordele te kry nie. SA Vryskutskrywers sal jou die
moets en die moenies, en die hoe, waar en wanneer oor hierdie opwindende deel
van joernalistiek leer.
Volledige
kursusbesonderhede
-
Praktiese kursus in Artikels skryf
Om
artikels te skryf is 'n kuns en 'n vaardigheid. Min mense kan deur 'n tydskrif
blaai sonder om minstens één artikel te lees, maar min mense besef hoeveel
vernuf daarin lê om 'n artikel te skryf wat (1) leesbaar is, (2) interessant
genoeg vir die leser en (3) by die tydskrif se profiel inpas. Slegs
artikelskrywers weet wat se swoeg en sweet gestort is in 'n enkele artikel wat
so netjies uiteengesit in 'n tydskrif verskyn. Om artikels te skryf is egter
binne die meeste mense se bereik. As jy dus 'n titseltjie skryfaanleg het en
BAIE belangstelling in tydskrifte en artikels, kan ons jou binne 'n paar weke
leer om self artikels te skryf en deel te word van die hegte gemeenskap waaraan
alle artikelskrywers vanselfsprekend behoort.
Volledige
kursusbesonderhede



