Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Skryf Webartikels waarop geklík word

 

Jou persoonlike opleier:

 

 

Leoni Benghiat

                     

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Dink jy die toekoms van die media lê by die internet?

Is jou lewe baie nou met die internet verweef?

Dalk is dit tyd om 'n vryskut- of voltydse loopbaan in webskryf te oorweeg.

As die vinnige tempo van die internet, die eindelose moontlikhede en kreatiewe skryfwerk vir jou 'n lokaas is, asook die feit dat jy maklik jou eie besigheid vanuit enige plek op aarde kan bedryf - en dit in Afrikaans - is hierdie die ideale kursus vir jou.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 8 weke

  • Modules: 5 lesse                           

  • Kursusfooi: R1,195

    Afbetalingsopsies R598 x 2 R400 x 3 R120 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Inleiding tot die skryf van webartikels

  • Die vryskutwebskrywersmark

  • Wat word van jou verwag - die maak of breek van ‘n webskrywer

  • Waarom is daar ‘n verskil tussen gedrukte media artikels en webartikels?

  • Wat word in rekening gebring by die skryf van webartikels?

  • ‘n Goeie vertrekpunt

  • Die struktuur van ‘n webartikel

  • Waarom is die regte formaat en uitleg van ‘n webartikel belangrik?

  • Hoe om die regte formaat en uitleg toe te pas

  • Waar kry ek inligting?

  • Hoe word bronne aangewend?

  • Hoe word bronne erken?

  • Wat is SEO – Soekenjinoptimalisering?

  • Waarom is dit so belangrik?

  • Hoe om dit toe te pas

  • Wat is die web se geheime sleutelwoorde?

  • Hoe word dit gebruik?

  • Hoe om dit te identifiseer

  • Hoe om dit reg toe te pas

  • Wat is sleutelwoorddigtheid?

  • Hoe word sleutelwoorddigtheid bereken?

  • Waarom is sleutelwoorddigtheid belangrik?

  • Wat is webplagiaat?

  • Die mees algemene oorsake van webplagiaat

  • Hoe om webplagiaat te vermy

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (40 bladsye)

  • 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 2 bruikbare webartikels

  • SEO wenke

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Agtergrondkennis van die internet

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Selfstudie

Sluit venster