Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Tydskrifkortverhale wat VERKOOP

    

Jou persoonlike opleier:

 

Martie Pozyn

                     

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

As jy iemand is wat tydskrifte grootliks vir die kortverhale koop, kan jy maar naderskuif en die kursus bedink.

Tydskrifkortverhale word nie per toeval gepubliseer nie ... die skrywer daarvan het ure, dae en selfs weke geswoeg om daardie spesifieke tema en woorde te kies wat jou so vasgenael hou tot by die slotparagraaf.

Jy kan ook kortverhale vir tydskrifte te skryf. Al wat jy benodig is 'n bietjie leiding van iemand wat al menigmaal self daardie skryfpaadjie gestap het ... en die nodige kennis.

Is jy nou gereed om jou eerste tydskrifkortverhaal aan te pak?

As jy in jouself voel dat jy 'n latente skryftalent besit, of jy het 'n werklike begeerte om te kan skryf, maar sien nog nie kans om dadelik 'n roman aan te pak nie, is hierdie die ideale kursus vir jou.

Om 'n tydskrifkortverhaalkursus te voltooi sal jou baie meer selfvertroue gee om eendag daardie ontwykende of sluimerende roman aan te pak ...

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 6 maande

  • Modules: 10 lesse                           

  • Kursusfooi: R3,125

    Afbetalingsopsies R1,565 x 2 R1,045 x 3 R315 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Eienskappe van ’n skrywer en die vereistes wat aan hom/haar gestel word

  • Verskil tussen ’n niefiksie- en fiksieskrywer

  • Noodsaaklike toerusting en hulpmiddels

  • Effektiewe administrasie en werkmetodes

  • Kenmerke van ’n kortverhaal

  • Vereistes vir ’n tydskrifkortverhaal

  • Komponente van ’n kortverhaal

  • Tipes kortverhale

  • Ontleding van tydskrifmarkte

  • Karakterbeskrywing, -ontwikkeling en -sketse

  • Voor- en nadele van onderskeie vertellers

  • Doel en algemene reëls van dialoog

  • Beskrywing van tonele en gebeure

  • Alles omtrent intriges

  • Storie-idees en hoe om hulle te soek

  • Struktuur van 'n verhaal

  • Beskrywing van styl

  • Die verskil tussen vertel en wys

  • Vereistes vir eerste en laaste paragrawe

  • Plagiaat, inligtingsbronne en navorsing

  • Vind uit wat bekende skrywers van skryf sê

  • Voorlegging van manuskripte

  • Hoe om nie-aanvaarde manuskripte en kritiek te verwerk

  • Skrywersblok

  • Betalings & belasting

  • Kopiereg en sindikasie

  • Die skryfproses

  • Redigering

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (170 bladsye)

  • 10 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 1 vollengte persklaar tydskrifverhaal wat direk na afloop van die kursus aan ‘n tydskrif van die student se keuse, voorgelê word

  • Databasis van potensiële markte

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Terug

Sluit venster