Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

Deel op Facebook              

 

Kortverhale

Wat is die verskil tussen 'n roman en 'n kortverhaal? Omtrent 75,000 woorde! As jy dus graag 'n kreatiewe skrywer wil wees, maar nie kans sien of tyd het om nou 'n volledige roman neer te pen nie, kan jy solank jou skrywerstande slyp op 'n kortverhaal of twee. Kom kies jou kursus ...

                                                     

Die ABC van Kortverhale

Kortverhaalbundels is deesdae van die beste verkopers op winkelrakke. Miskien het dit te make met die feit dat die lewe so gejaagd geword het ... mense verkies om korter stories te lees want daar is net nooit meer tyd om soos in die ou dae met 'n lekker dik roman te lê en ontspan nie. Dis die een kant van die storie. Die ander rede vir dié vinnige verkoopsyfers kan natuurlik wees omdat 'n kortverhaalbundel so 'n wye verskeidenheid karakters bevat wat die leser kan boei of ontstel. Jy, as skrywer, hoef jou nie aan enige rede vir die gewildheid van kortverhaalbundel te steur nie want met hierdie kursus is jy die persoon wat die mag het om 'n hele klomp karakters se lewenspaadjies vir hulle te bepaal. Volledige besonderhede

 

Tydskrifkortverhale wat VERKOOP

Meer as die helfte van tydskriflesers koop 'n tydskrif spesifiek vir die kortverhale wat daarin gepubliseer word. Met skrywers te kies en keur kan tydskrifte vanselfsprekend die room van kortverhaalskrywers gebruik om hul stories vir hulle te skryf. Dis egter nie die volle waarheid nie ... as jou kortverhaal goed genoeg is of oor 'n boeiende storielyn beskik wat die verhaleredakteur sal mesmeraais, kan jy jouself binnekort vestig as 'n tydskrifkortverhaalskrywer. Hierdie is die kursus wat jou op daardie paadjie sal help. Volledige besonderhede

 

Vonkfiksie (kort kortverhaal)

Dis vinnige fiksie vir ons vinnige wêreld. Dis fiksie vir skrywers wat nie woorde verspil of doekies omdraai nie. Dis kort, blitsig en tot die punt. Dis uitdagend en dis pret. As jy dus een van daardie skrywers is wat weet wat om met so min woorde moontlik te sê, én jy kan jou leser se belangstelling tot aan die einde van jou paar woorde geprikkel hou, is jy heel moontlik 'n vonkfiksieskrywer-in-wording. Volledige besonderhede

  

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster