Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

Die ABC van Kortverhale

    

Jou persoonlike opleier:

 

Leoni Benghiat

 

                     

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

In die vlees sit jy voor jou rekenaar by die werk, maar jou gedagtes bly by 'n menigte karakters wat deur jou brein flits - soos die man op die skuit.

Wat is sy probleem? Waarom kan hy nie tot rus kom nie? Steek hy dalk 'n geheim weg? En wat het van sy vrou en kinders geword?

Of wat van die man en vrou wat nie kan besluit of hulle vir mekaar bedoel is of nie?

Almal karakters in jou verbeelding, maar almal soos vriende wat jy aan die wêreld moet bekendstel.

As jy jouself hierin herken en weet dat jy minstens één kortverhaal moet skryf om al die mense in jou gedagtes 'n stem te gee, is hierdie die kursus vir jou. Dis vinnig, deeglik en voordat jy weet wat jou getref het, het jy die man op die skuit veilig die hawe ingelei ... en sommer 'n paar ander karakters ook van onbekendheid gered.

 

Kursusbesonderhede:

  • Duur: 4 maande

  • Modules: 5 lesse                           

  • Kursusfooi: R1,595

    Afbetalingsopsies R798 x 2 R532 x 3 R160 x 10

                                                      

Wat jy sal leer:

  • Kenmerke en vereistes van 'n kortverhaal

  • Hoe om 'n kortverhaal te ontleed en beoordeel

  • Karakterisering

  • Hoe om 'n karakterskets te bou

  • Die funksie van die verteller

  • Perspektief

  • Dialoog en beskrywing

  • Plot en intrige

  • Skryf jou verhaal

 

Volledige kursussamestelling:

  • 'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (60 bladsye)

  • 5 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 1 tydskrifverhaal

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

 

Registreer vir kursus

              

Vertel 'n vriend hiervan:

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Blitskursusse                    Terug

Sluit venster