Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfkursusse

 

 
OCC Live Chat Support

 

Basiese Poësiekursus

Jou persoonlike opleier:

 

 Leoni Benghiat

                     

 

Wie vir dié kursus moet inskryf:

Om ‘n gedig te skryf beteken dat jy die węreld in en om jou intens ervaar. ‘n Gedig kan oor enigiets wees – van liefde tot die geroeste hek op jou oupa se plaas. Poësie se hoofdoelwit is om aan jou, die digter, ‘n verhoog te verskaf om jou diepste gevoelens en gewaarwordinge met die węreld te deel.

Miljoene mense węreldwyd het al probeer om poësie te skryf. Dikwels skryf mense verse wanneer hulle emosioneel is, insig benodig of iets aan iemand spesiaal wil oordra. Maar die meeste mense skryf poësie omdat hulle lief is daarvoor en van altyd af 'n hunkering het om 'n digter te wees.

As jy een van daardie mense is, is hierdie kursus vir jou. Ons gaan jou wys hoe om jou idees en gevoelens op die regte manier te verwoord sodat jy uiteindelik daardie ontwykende gedigte kan skryf. Ons wys jou waarom 'n gedig geslaagd is of nie en watter tegnieke jy moet inspan om suksesvolle poësie te skryf.

Belangrikste van alles ... ons gaan jou wys hoe om die maksimum genot uit die skryf van jou eie gedigte te put.

 

  • Duur: 6 maande

  • Modules: 12 lesse

  • Kursusfooi: R1,895

    Afbetalingsopsies R948 x 2 R632 x 3 R190 x 10

 

  • Wat is poësie?

  • Hoe om 'n gedig te ontleed

  • Hoe om jou sintuie in te span

  • Teken met taal

  • Verskillende digvorme: ballade, kwatryn, vrye vers, haikoe, sonnet, rondeel, Franse ballade, moderne ballade, stanza, limeriek, epies, liries, didakties, romanties

  • Woordgebruik

  • Poësietegnieke: metrum, alliterasie, herhaling, stemming, humor, satire, retoriek, refrein, simboliek, digterlike vryheid, jambe, beeldgebruik, ironie, argetipes, parodie, klank en betekenis

  • Waar en hoe vind jy inspirasie en idees?

  • Die poësiebedryf ontleed

  • Kopiereg

 

Volledige studiepakket:

  • Omvattende kursusnotas (120 bladsye)

  • 12 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)

  • 4 voltooide gedigte

  • Template

  • Moderering van jou gedigte deur 'n onafhanklike digter

  • Gratis e-boek: Jou vryskutbesigheid

  • Gratis stylgids: Skryf korrekte Afrikaans met flair

  • Gratis: Marktedatabasis

  • 'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus

 

Toelatingsvereistes:

  • Basiese skryfvaardighede

  • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang

  • Geen vorige tersięre kwalifikasie word benodig nie

 

Slaagvereistes:

Minstens 65%

Registreer vir kursus

Vertel 'n vriend hiervan:

  Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster