


Welkom by SA Vryskutskrywer - Virtuele Skryfskool - Blitskursusse
Korrespondensie in die kantoor
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Skakelbeamptes, kantoorpersoneel, sakelui, joernaliste ... bykans enigiemand wat op 'n daaglikse basis met korrespondensie werk met die uitsluitlike doelwit om meer besigheid te genereer. As jy dus 'n skakelbeampte is wat wonder waarom jou persvrystellings nooit vrugte afwerp nie, of 'n joernalis wie se navraagbriewe in die niet verdwyn, of 'n sakepersoon wie se bemarking skerp afgeneem het, is hierdie die kursus vir jou. Ons leer jou hoe en wanneer om jou briewe weg te stuur, wie jy moet teiken en hoe om dit te bewoord vir maksimum effek.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 2 weke
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R995.00
Wat jy sal leer:
-
Effektiewe skryfstrategieë
-
Moets en moenies van e-pos
-
Moets en moenies van slakkepos
-
Wanneer dit nodig is om 'n posseël te koop
-
Verstaan die invloed van korrespondensie in 'n besigheid
-
Verskillende e-postemplate
-
Goeie e-pos-etiket
-
Jou skryfstyl
-
Korrekte gebruik van aanhalings, leestekens, grammatika
-
Engels as tweede taal
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (20 bladsye)
-
2 Praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
Slaagvereistes:
Minstens 65%


