


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kubernuuskantoor

Welkom by SA Vryskutskrywer se Google Groep of kubernuuskantoor.
Die doel vir hierdie groep is om 'n informele forum daar te stel waaraan alle professionele Afrikaanse vryskutskrywers kan deelneem. Amper iets soos 'n virtuele skrywersgroep.
Hierdie is dus die plek waarheen jy kan ontvlug as jy net vir 'n oomblik of twee bietjie wil ontspan of iemand se hulp wil vra. SA Vryskutskrywer is uitsluitlik begin sodat ons mekaar kan help - hetsy met werk, wenke, raad, kursusse of bystand, enigiets - amper soos 'n nuuskantoor in die kuberruim.
Vul net jou adres in die onderstaande blokkie om aansoek vir lidmaatskap te doen.
Let wel: lidmaatskap is gratis. Die enigste vereiste is dat jy reeds 'n praktiserende skrywer moet wees.
|
|
|
Sluit aan by SA Vryskutskrywer se kubernuuskantoor |



