


Welkom by SA Vryskutskrywer - Korporatiewe Skryfkursusse
Skryf toesprake soos 'n kampioen
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Gaan jy binnekort jou beste vriend se strooijonker wees en voel dit nou reeds asof jou senuwees uitrafel as jy net daaraan dink dat jy vir die eerste keer in jou lewe 'n toespraak voor honderde mense moet lewer?
Hang jou bevordering af van 'n toespraak wat jy voor jou maatskappy se bestuur moet maak?
Wil jy jou verbale verkoopvermoë só verbeter dat jy wol aan skape kan verkoop of sand aan 'n woestyninwoner?
Raak jou hande skoon klam van angs wanneer jy daaraan dink dat jy voor 'n groep mense moet praat of is jy só angstig tydens 'n toespraak dat jy al jou woorde vergeet?
As jy houself hierbo herken, is hierdie kursus die oplossing. Enigeen wat toesprake van watter aard ookal moet lewer, of 'n heilige vrees vir openbare optredes het, kan deur middel van dié kursus kers opsteek oor toespraakskryf- en voordrageheime wat 'n Toastmaster jaloers sal maak.
Ouers met kinders wat gereeld aan debatte deelneem, kan gerus ook naderskuif. Deesdae kos 'n toespraak vir 'n laerskoolkind wat deur 'n skrywer verskaf word 'n allemintige R500 - vir 'n enkele toespraak. Met dié kursus kan ouers én kinders sommer self vir die res van die skoolloopbaan die toesprake skryf - en die louere met elke debatvoering inoes.
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 4 weke
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R1,095
Wat jy sal leer:
-
Agtergrondinligting
-
Bestanddele van 'n toespraak
-
Die skryfproses
-
Teiken jou mark
-
Tegnieke waarmee 'n gehoor oortuig word
-
Goeie taalgebruik
-
Teenstrydighede
-
Afronding van jou toespraak
-
As die senuwees knaag
-
Onfeilbare wenke om 'n toespraak te lewer
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (40 bladsye)
-
5 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
Databasis van nuttige telefoonnommers en ander inligting
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:
Minstens 65%
Sluit
Venster



