


Welkom by SA Vryskutskrywer - Korporatiewe Skryfkursusse
Skryf persvrystellings wat resultate lewer
Jou persoonlike opleier:

Wie vir dié kursus moet inskryf:
Persvrystellings is 'n onontbeerlike onderdeel van die samelewing want sonder die geleentheid om jou nuwe diens, produk of nuus op 'n vinnige en maklike manier met die hele wêreld te kan deel, kan jy en jou besigheid nie die hoogtes bereik wat julle verdien nie.
Tog beland té veel sorgvuldig uitgedinkte persvrystellings in snippermandjies nog voordat die ontvanger daarvan dit deurgelees het.
Hierdie kursus sal jou leer watter elemente jou persvrystellings moet bevat om te verhoed dat die snippermandjie jou posbus word.
Die kursus is dus ideaal vir iemand wat dikwels met die media moet werk, asook diegene wat 'n nuwe besigheid of produk het wat hulle graag aan die wêreld wil bekend stel.
Skakelbeamptes wat sukkel om die media in hulle produkte of nuus geïnteresseerd te kry, kan gerus ook nader skuif en dié kursus as 'n opknappingskursus benader. Jy sal onmiddellik die verskil sien wanneer jy weer met die media te doen het. Jy sal dit nie glo nie, maar 'n persvrystelling wat sy sout werd is kan verseker dat jy verspot maklik 'n visserman se eie vis wat hy nou net gevang het, aan hom kan terug verkoop!
Kursusbesonderhede:
-
Duur: 3 weke
-
Modules: 2 lesse
-
Kursusfooi: R995.00
Wat jy sal leer:
-
Die geheim van 'n suksesvolle persvrystelling
-
Definisies, inleiding en vereistes
-
Waarom persverklarings skryf?
-
Tipes persverklarings
-
Algemene wenke wat wérk
-
Inhoud van persvrystellings
-
Hoe trek jy aandag met jou persvrystelling?
-
Kommersiële persvrystellings
Volledige kursussamestelling:
-
'n Studiepakket met omvattende kursusnotas (16 bladsye)
-
2 praktiese skryfoefeninge (wat deur jou opleier nagesien word)
-
Databasis van nuttige telefoonnommers en ander inligting
-
'n Sertifikaat van Voltooiing na bevredigende afhandeling van die kursus
Toelatingsvereistes:
-
Basiese skryfvaardighede
-
Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang
-
Geen vorige tersiêre kwalifikasie word benodig nie
Slaagvereistes:




