Welkom by SA Vryskutskrywer - Kennisgewingbord

 

●    5 Februarie 2010 Ons winkel is oop! Kom kyk gerus of daar iets is wat dalk jou vryskutlewe kan vergemaklik. Lees meer ...

 

●    5 Februarie 2010 Ons het dit makliker gemaak om jou droomkursus - en daaropvolgende nuwe vryskutloopbaan - te kies. Alle kursusse is nou op een blad. Gaan kyk hier ...

 

●    5 Februarie 2010 Groot geld kan gewen word in verskeie nasionale skryfkompetisies, maar jy moet gou spring om in te skryf. Lees meer ...

 

●    1 Februarie 2010 Carla van der Spuy se boek, Platsakwenke - 600 wenke om jou beursie te rek, is op die rakke. Lees die volledige RSG-onderhoud met haar hier.

 

●    26 Januarie 2010 Neem deel aan die maandelikse skryfuitdaging. Lees meer ...

 

18 Januarie 2010 SA Vryskutskrywer se skryfkollege is oop vir hierdie akademiese jaar. Kies jou kursus en skryf in. Lees meer ...

 

18 Januarie 2010 Ons het twee betalingsopsies beskikbaar om almal tegemoet te kom. Lees meer ...

 

 11 November 2009 Ilse Ferreira, aanbieder van SA Vryskutskrywer se nie-fiksie boek- en familiegeskiedenis-kursusse, se nuutste boek, Italian Footprints in South Africa, is onlangs by 'n geselligheid in Johannesburg bekendgestel. Die boek word ook eersdaags as 'n dokumentêre program verfilm. Lees meer ...

 

11 November 2009 Riana Scheepers, bekroonde Afrikaanse skryfster en dosent, snoer kragte saam met SA Vryskutskrywer. Sy bied kortverhaalmanuskrip-ontwikkeling vir aspirant-skrywers aan. Lees meer ...

 

  11 November 2009 Ilse Salzwedel, aanbieder van onder meer die  Bemeester die kuns van onderhoudvoering en profiele skryf-kursus, het verlede Vrydagaand die HB en MJ Thom-prys vir joernalistiek van die FAK ontvang. Sy is ook onlangs as Caxton se Joernalis van die Jaar aangewys.

 

 3 November 2009 Beeld se voormalige Tot u diens-redakteur, Ina Opperman, val Januarie 2010 by SA Vryskutskrywer in as aanbieder van 'n gespesialiseerde kursus in Verbruikersjoernalistiek. Sy is tans net eers besig om eksamen vir haar Honneursgraad af te lê.

 

 2 November 2009 Helene de Kock, een van Afrikaans se mees gepubliseerde romanskrywers, bied 'n derde romankursus aan. Helene, wat 'n meestersgraad in kreatiewe skryfkuns het, se topverkoper-romankursus is al byna volbespreek. Lees meer...