Jeanette Ferreira

Kursussamesteller en -opleier:

Historiese Roman                     Afrikaanse Roman

Kontak Jeanette

 

 

Jeanette Ferreira is op  20 April 1954 gebore en word groot op die familieplaas Deerpark, naby Tzaneen in die Laeveld. Sy voltooi haar skoolloopbaan aan die Hoër Landbouskool Merensky en verwerf later die grade B.Hons en M.A. aan die Universiteit van Pretoria, en die Doktorsgraad (Ph.D.) aan Rhodes Universiteit.

Sy doseer Afrikaanse letterkunde aan verskeie Suid-Afrikaanse universiteite en word in 1993 tot professor bevorder. In die jare 1988 en 1989 is sy voorsitter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Sy was vir 10 jaar redakteur en uitgeweryhoof aan verskillende uitgewerye. Sy publiseer 16 boeke in verskillende genres. Origens maak sy sowat 70 bydraes tot tydskrifte; en resensies in ’n verskeidenheid vak- en populêre tydskrifte.

Haar vroeëre kreatiewe werk het ’n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werk konsentreer op die groter mensliker vraagstuk van oorlog, in die besonder die drie romans wat oor die Anglo-Boereoorlog handel, Babette, Catharina en Charlotta.

Die Universiteit van Johannesburg het in Julie 1999 Babette as ’n Engelse musiekspel aangebied met ’n speelvak van twee weke. Haar nuutste roman, Die son kom aan die seekant op, het in 2007 verskyn en handel oor Louis Tregardt se trek. Dr. Ferreira is tans ’n vryskutredakteur en gee skryfkursusse. Sy en haar twee worshonde, Jorik en Liesabetjie Ferreira, woon in Pretoria.

 

Publikasies

1. ’n Man soos Charles. 1998: Perskor / Maskew Miller Longman (roman)

2. Babette. 1995: Perskor / Maskew Miller Longman; 2006: Human & Rousseau (roman)

3. Bly by my vannag. 1994: Perskor / Maskew Miller Longman (roman)

4. Boereoorlogstories (red.). 1998: J.L. van Schaik (kortverhale)

5. Breyten: die simbool daar. 1985: Saayman & Weber (akademies)

6. Catharina. 1996: Human & Rousseau; 2006: Human & Rousseau (roman)

7. Charlotta. 1999: Human & Rousseau; 2006: Human & Rousseau (roman)

8. Daardie eerste somer. 1994: Perskor / Maskew Miller Longman (roman)

9. Die mammies, die pappies, die hondjies, die katjies. 1989: Taurus / Human & Rousseau (kortverhale)

10. Die onsterflikes. 1995: Human & Rousseau (roman)

11. Die son kom aan die seekant op. 2007: Human & Rousseau (roman)

12. Kruis en dwars. 2001. Pretoria: J.L. van Schaik (kortverhale)

13. Liefde loop ver (red.). 2000: Human & Rousseau (kortverhale)

14. Op hulle stukke (red.). 2005: Kaapstad en Pretoria: Human & Rousseau (sketse)

15. Sitate om ’n rewolusie. 1985: Human & Rousseau (roman)

16. Waar een mens saam is. 1980: Perskor / Maskew Miller & Longman (digbundel)

        Jeanette se Romankursusse                           Taalversorging saam met Jeanette

Sluit Venster