Jaco Kirsten
Kursussamesteller
en -opleier:
Rubrieke
Motorjoernalistiek
Jaco Kirsten is een van Suid-Afrika se bekendste Afrikaanse rubriekskrywers en sy werk is al opgeneem in twee versamelbundels van Weg-tydskrif as onderskeidelik Waar die Leeus Afrikaans Praat en Sonbrand en Braaiboud. ’n Versameling van sy beste rubrieke wat deur die jare in Die Burger verskyn het, is in 2008 deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer as Mý kant van die Saak. Jaco se eerste roman, Om na ’n Wit Plafon te Staar het in Mei 2009 verskyn en hy werk tans aan sy tweede roman. Sy “Die Wit Umfaan”-rubriek verskyn elke tweede Sondag in Rapport.
Hy het sy 4-jarige B.
Bedryfskommunikasie-graad in 1993 aan die Potchefstroomse Universiteit behaal en
daarna as verslaggewer by Die Volksblad begin werk. In 1997 het hy die
Association of Advertising Agencies se nagraadse diploma in kopieskryf verwerf
en as advertensiekopieskrywer gewerk.
Van 2000 tot 2004 was hy motorredakteur by Die Burger, waarna hy artikelredakteur by Weg-reistydskrif geword het. Daarna was hy onderskeidelik assistent- en adjunkredakteur van TopCar-motortydskrif, voordat hy redakteur van TopBike-motorfietstydskrif geword het.
Hy woon tans in Kaapstad waar hy skryf, vryskutjoernalistiek beoefen en betrokke is by internetprojekte.
Gepubliseerde werke: