Ilse Salzwedel

Kursussamesteller en -opleier:                                                         

Kontak Ilse

Ilse Salzwedel is ‘n bekroonde vryskutjoernalis wie se werk al in meeste Afrikaanse tydskrifte en koerante verskyn het. Die FAK het pas aangekondig dat sy een van die vier ontvangers is van die 2009 HB en MJ Thompryse vir Afrikaanse joernalistiek. Ander bekronings op haar kerfstok is: ATKVeertjie (Beste Tydskrifjoernalis in Afrikaans, 2007), Pica (Feature Writer of the Year, 2008) Caxton Excellence Awards (Real Life Feature of the Year, 2009). Sy was ook ‘n finalis in die Vodacom Journalist of the Year (Gauteng, 2008) en die eerste Discovery Health Journalism Awards(2009). Haar forte is artikels oor regte mense, maar sy is ook bekend vir navorsings- en ondersoekende artikels. Sy glo haar skryftalent is ‘n gawe van God, en hoop altyd dat haar werk sal bydra tot beter onderlinge begrip, versoening en ‘n gelukkiger, gesonder mensdom.

In haar dekade-lange loopbaan as vryskutjoernalis is Ilse Salzwedel al verskeie kere bekroon, onder meer:

 

Dit brul in die Karoo

Sluit Venster