Kontak Helene                              

                               

        Helene de Kock

Kursussamesteller en -opleier:

Trefferroman               Liefdesroman               Geestelike roman               Afrikaanse roman

Met meer as veertig boeke op Helene de Kock se kerfstok, het sy dit reggekry om lesers se harte op 'n besondere manier aan te raak. Die pragtige verhale waarvan sommige iewers op ’n wynplaas in die Kaap afspeel of ander met die Oos-Vrystaat en Riemland as milieu, is almal stories wat ’n mens aangryp vanweë haar fyn uitbeelding van die verskillende karakters. Die skeppinge uit haar pen getuig van haar fyn insig en mensekennis.

Helene skryf graag oor die liefde - maar net so belangrik in haar werk is die klem op die werklike lewe en die eise wat dit aan álle verhoudings stel. Sy verwys na haar romans as verhoudingsverhale. 'n Paar jaar gelede is haar seun, Jaco, oorlede en sy het in As dood lewe word, hieroor geskryf.

Sy is tans besig met ‘n nuwe roman wat oor ‘n periode van byna ‘n eeu strek. Dit is die liefdesverhale van twee vroue wat nie slegs die trauma van oorlog ken nie maar ook die pyn van verlange en wantroue.

Helene is nie net kreatief toegerus om mense te help om hul romans te skryf nie, maar ook akademies. In 2008 het sy 'n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands (cum laude) verwerf met die klem op Skryfkuns en onlangs 'n medalje ontvang vir die beste meestersgraadstudent in Afrikaans en Nederlands. Een van haar romans, Dieper Water, is 'n voortvloeiing uit hierdie studie.

Nuwe boeke uit Helene se pen is die geestelike roman, Die Hemelburgers asook haar jongste liefdesroman, Somersneeu, wat topverkopers was.

Haar heel nuutste geestelike roman, Engel op die drumpel, is tans beskikbaar.

Helene se Romankursusse   www.helenedekock.co.za

Sluit venster