SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde én gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Het jy dalk 'n skryfwenk wat werk? Kontak ons met enige bruikbare skryfwenke. Ons sal dit graag publiseer.


 

Só skryf jy 'n geslaagde sekstoneel

    deur Katelyn Kelley

Om ‘n fiktiewe sekstoneel te skryf het te make met die karakters, hul emosies en die gebeure in die storie. Jy sal nêrens ‘n formule vind wat aan jou sal vertel hóé om so ‘n toneel te struktureer nie omdat dit afhang van die unieke elemente wat slegs in JOU storie gevind word.

Die enkele belangrikste aspek van ‘n sekstoneel is dat dit by die storie moet inpas en ‘n doel moet hê vir die “groter prentjie” van jou roman se storielyn. Seks in ‘n roman is nie net ‘n fisieke gebeurtenis nie omdat die emosies en gevolge daarna verreikende gevolge vir jou storielyn kan inhou.

1. Leer jou karakters ken

Voer onderhoude met jou hoofkarakters voordat jy te ver in jou storie gevorder het sodat jy kan verstaan oor wie jy skryf. Hulle gedagtes en besluit dryf die storie vorentoe. Een manier om’n onderhoud met ‘n fiktiewe karakter te voer is om ‘n stel vrae saam te stel met onder meer sy voorkeure, afkeure, drome, vrese en kindertydgeskiedenis en die antwoorde langsaan neer te skryf.

Stel vas wat jou hoofkarakters se DMK – Doelwit, Motivering en Konflik – is. Doelwit is wat die karakter wil hê. Motivering is waarom hy die doelwit wil bereik. Konflik is wat die karakter verhinder om die doelwit te bereik. Dié drie items dryf al die aksie van jou karakters in die storie, insluitende die besluit om met mekaar saam te slaap.

Tref onderskeid tussen die karakters se interne konflik (wat dit is waarmee hulle ‘n innerlike stryd voer) van hul eksterne konflik (wat dit is waarmee hulle teen die buitewêreld ‘n stryd voer) sodat beide in jou gedagtes duidelik en apart van mekaar is. Een of beide van dié konflikte kan ‘n impak hê op die karakters se gedagtes en gedrag tydens ‘n sekstoneel. Dit is dus uiters belangrik dat jy seker maak van die konflikte voordat jy die toneel skryf.

Besluit hoe die sekstoneel die konflik tussen die twee hoofkarakters gaan beïnvloed. Wanneer twee karakters saamslaap is daar gewoonlik meer betrokke as net seks. Ernstige konflik kom gewoonlik wanneer iets of iemand in gevaar is. Dink oor maniere waarop jou toneel die belange in die storie kan verhoog.

Besluit hoe jou karakters sal reageer deurdat hulle hulself weerloos genoeg maak vir intimiteit. Afhangende van jou interne konflik wat jy vroeër vir hulle beplan het, kan hierdie oomblik in die storie baie belangrik wees.

2. Strukturering van die toneel

Visualiseer die toneel in jou kop – amper asof jy besig is om ‘n fliek te redigeer – om jou in staat te stel om die fisiese aksie van die toneel te skryf. Pasop vir prosa wat klink soos “Plaas deel A in deel B”. Dis aanvaarbaar vir die eerste weergawe van jou manuskrip terwyl jy nog besig is om al die bestanddele saam te voeg, maar dit sal beslis nie werk vir die finale weergawe nie. Dit klink darem té tegnies en anatomies.

Kies ‘n enkel-standpunt karakter vir die toneel. Moenie heen en weer tussen die gevoelens van twee mense rondspring nie. Dit verwar die leser wat daarna uitsien om met een karakter op ‘n slag te identifiseer. Die twee karakter se standpunt kan deur sy aksies en reaksies tydens die toneel gewys word.

Fokus op die emosionele sowel as die fisiese wanneer jy ‘n sekstoneel skryf. Skryf wat die karakters voel; nie net wat hulle doen nie. Plaas jouself in die liggaam van jou standpunt-karakter en skryf vanuit daardie perspektief; nie vanuit dit van ‘n buitestander nie.

Besluit wáár die sekstoneel in die groter storie van jou roman inpas. Moenie dit net inprop omdat jy voel die karakters moet teen hierdie tyd seks hê nie. Dit moet ‘n uitvloeisel wees van die gebeure in die storie en ook vanuit die aksies en emosies van die karakters.

Dink deeglik oor die tydsberekening van die sekstoneel. Kyk wat rondom die karakters gebeur. As hulle in ‘n spanningsvolle storie is en besig om vir hul lewens te vlug, gaan dit beslis nie sin maak om hulle te laat stop om net gou liefde te maak nie.

Oorweeg die toneel se agtergrond. ‘n Intieme ontmoeting in ‘n roeibootjie kan dalk interessant klink, maar dink oor die logistieke aspekte daarvan. Gaan een van die karakters ‘n houtsplinter in sy rug kry? Lesers let op na detail soos dié en as hulle jou toneel onwaarskynlik ag, gaan die res van jou storie nie veel vir hulle beteken nie.

Moenie die dialoog vergeet nie. Een van die mees sensuele stukkies gereedskap wat ‘n skrywer tot sy beskikking het, is dialoog. Wat die karakters dus vir mekaar sê kan net so sexy wees as wat hulle saamdoen en kan baie doen om die toneel vuurwarm te maak.

Dis goed en wel om veilige seks en die gebruik van kondome in jou sekstoneel uit te beeld, maar moenie té gewigtig daaromtrent wees nie. Weef dit in tussen die ander elemente van die toneel, die aksies en emosies, sodat dit nie die leser uit die toneel uit ruk asof dit deur die departement van gesondheid ingeskryf is nie.

3. Wenke en waarskuwings

Lees jou sekstoneel deeglik deur nadat jy dit klaar geskryf het. As dit jou laat bloos of lag is dit heel moontlik nog nie gereed om aan jou redakteur voor te lê nie. Jy moet gemaklik voel met dít wat jy geskryf het, en as jy dit klink simpel, is die kans goed dat jou lesers ook so daaroor sal voel. Deel jou toneel met ‘n ander skrywer om ‘n tweede opinie te kry. Soms kan ‘n tweede paar oë probleme met die toneel raaksen wat jy nie opgemerk het nie omdat jy te na aan die storie is.

Lees jou voorgenome uitgewer se riglyne deeglik deur om vas te stel hoe “warm” ‘n sekstoneel moet wees.

Moenie jouself dwing om ‘n sekstoneel te skryf as dit jou ongemaklik laat voel nie. Jou ongemak sal in jou skryfwerk wys en die woorde sal moontlik lomp klink. Liefdesverhale en –romans bevat verskillende vlakke van “warm”, so skryf eerder die storie waarmee jý gemaklik voel en nie wat jy dink sal verkoop nie.

Katelyn Kelley het 'n BA-graad in wiskunde en rekenaarwetenskap en het 15 jaar in die internettegnologiewêreld gewerk voordat sy in 2003 'n vryskutskrywer geword het. Sy spesialiseer in inligtingskryfwerk.

Wil jy jou hand aan kreatiewe skryfwerk waag? Klik hier om ons opsies te bekyk. Pak die bul by die horings en skryf sommer vandag in vir een van SA Vryskutskrywer se kreatiewe skryfkursusse. Klik op die skakel onderaan vir meer inligting ...

      Die ABC van Kortverhale

      Basiese Poësiekursus

      Poësietegnieke

      Volledige Poësiekursus

      Vonkfiksie ontlont

      Skryf Kreatief!

      Só skryf jy ‘n Novelle

      Skryf 'n Roman

      Skryf 'n Kinderboek


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse