SA Vryskutskrywer SA Vryskutskrywer
 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Geeneen wat 'n skryfbesigheid bedryf of vryskut werk kan verby 'n bruikbare wenk kyk nie en ons hier by SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie. Wenke, wenke en nogmaals wenke is altyd meer as welkom in 'n vryskutskrywer se gestresde n gejaagde lewe en as jy 'n beproefde wenk met 'n mede-gestresde kollega kan deel sal ons dit met ope arms aanvaar.

Het jy dalk enige skryfwenk wat werk? Kontak ons met enige bruikbare skryfwenke. Ons sal dit graag publiseer.


 

Lokval vir 'n leser

    deur Madelie Human

n Slim romanseskrywer stel n lokval wat die leser van die eerste sin van die heel eerste paragraaf vasvang en nie weer laat los voor die laaste paragraaf van die boek nie.

Sulke lokvalle kan verskillende vorms aanneem:

  • Loksinne

n Eerste sin as loksin: Dit kan n treffende stelling of vraag as eerste sin wees wat die leser se verbeelding so aangryp of haar so nuuskierig maak, dat sy die boek nie kan neersit nie. Die oomblik toe sy opkyk in daardie seegroen kykers weet Emma dat sy Hanno Viviers nog net so liefhet soos sewe jaar gelede toe hy uit haar lewe verdwyn het. As eerste sin maak hierdie stelling die romanseleser onmiddellik nuuskierig. Dit vertel haar dat Emma en Hanno mekaar definitief in die verlede geken het, dat sy hom liefgehad het en dat daar heel waarskynlik iets gebeur het wat die verhouding laat skipbreuk ly het. Die leser begin dadelik wonder wat in die verlede tussen die twee gebeur het en wil sekerlik sien hoe daardie struikelblokke uit die weg geruim gaan word om die paartjie weer by mekaar te bring. Sy is gevang. Sy gaan hierdie boek nie neersit voordat haar nuuskierigheid bevredig is nie. Baie min romanseskrywers besef die belangrikheid van die eerste sin. Gaan loer maar gerus na die romanses op jou boekrak en kyk hoeveel eerste sinne is daar wat jou werklik laat wonder oor wat in die res van die boek gaan gebeur. Die skrywer wat die waarde van n goeie loksin besef, se boeke staan n baie beter kans om van die winkelrakke af te vlieg as die van haar eweknie.

Die slotsin as loksin: Dit kan ook die laaste sin van n toneel of die slotparagraaf van n hoofstuk wees wat die leser laat wonder wat verder gaan gebeur en lok om aan te hou om die bladsye die een na die ander om te blaai. Emma kyk hom agterna. Wat soek Hanno weer hier in hulle vaal ou dorpie en dit nogal as haar pa se nuwe vennoot? Hoe gaan sy hierdie keer sy sjarme weerstaan en hoe op aarde gaan sy keer dat hy van haar geheim uitvind? Die leser sal beslis wil weet wat nou gaan gebeur. Haar nuuskierigheid is nou behoorlik geprikkel, want Emma het boonop n geheim Loksinne word nie net aan die begin en einde van hoofstuk een gebruik nie, maar deurgaans aan die begin en einde van elke hoofstuk, selfs in die geval van die verskillende tonele waaruit die hoofstukke bestaan.

  • Die gebruik van lokvalle

Waar moet n romanse dan begin? Daar waar die eerste konflik ontstaan, waar dinge begin gebeur, waar die poppe begin dans!

Waar moet romanses nie begin nie? Baie skrywers trap in die slaggat om eers die agtergrond te wil skets en die storie agter die storie te wil vertel. Jy voel verplig om jou leser eers in te lig. Dis net daar waar jy begin vertel in plaas van om die aksie te wys en jy kelder jou boek nog voordat die held en heldin mekaar eers ontmoet het.

Wat gebeur nadat jy jou leser gelok het? Uitstekende eerste en laaste sinne gaan nie die leser se aandag hou as die skrywer in al die paragrawe tussenin laat slap l nie. Jy moet die leser se nuuskierigheid voortdurend lewendig hou die poppe moet aanhou dans.

  • Die verskil tussen goeie lokvalle en foefies

Hoe maak jy seker dat jou leser nie belangstelling verloor nie? Maak seker jou leser het n emosionele belegging in die storie sy moet werklik omgee of die held en heldin by mekaar gaan uitkom. Moet nooit die intelligensie van jou leser onderskat nie. Sy gaan baie gou agterkom wat jy probeer doen as jy dieselfde ou foefie oor en oor herhaal. As jy die leser die ontknoping van n geheim belowe aan die einde van n hoofstuk en dit nie in die daaropvolgende hoofstuk doen nie, sal sy een of twee keer daarvoor val, maar nie sommer weer nie. As jy vir n derde keer die telefoon laat lui of die baba laat huil op die oomblik voordat die held die heldin vir die eerste maal soen, is jy diep in die moeilikheid by jou leser!

Hoe hou jy die spanningslyn styf tot by die slotsin? Hou die leser emosioneel betrokke by die storie tot by die heel laaste sin. Sy moet aanhou wonder of sy die gelukkige einde wat sy verwag, gaan kry. Plaas soveel as moontlik versperrings tussen die paartjie en hulle vir-altyd-en-altyd. Daar moet telkens n nuwe hindernis wees wat hulle uitmekaar hou sodat die leser letterlik haar naels kou tot op die laaste oomblik.

  • Madelie Human glo daar is oorgenoeg seer en swaarkry in die lewe en skryf omdat sy mense wil help om, al is dit net vir n rukkie, daarvan te ontsnap. Madelie se lesers word weggevoer na n wreld waar daar altyd hoop op geluk en liefde is. Haar doel is om die leser te vermaak en nie om te filosofeer oor die liefde of te wroeg oor diep en donker dinge nie. Sy is baie gelukkig getroud met haar eie held, n mynouditeur wat die wreld vol reis vir sy werk terwyl sy baie tevrede tuisbly met die karakters van haar boeke as geselskap. Besoek ook haar Facebook-blad en blog vir meer inligting en lekkerlees-artikels deur di gesoute Romanza-skrywer.

Pak die bul by die horings en skryf sommer vandag in vir een van SA Vryskutskrywer se kreatiewe skryfkursusse. Klik op die skakel onderaan vir meer inligting ...

En as jy 'n boek wil skryf, kan jy hier klik.


Vertel 'n vriend hiervan:              Kontak ons


 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis skrywersalmanak en hulpmiddels wanneer jy jou intekening bevestig. 

                                            Vertel 'n vriend van ons  

Sluit venster              Skryfkursusse                    Blitskursusse