Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Deel op Facebook              

 

Moet jy dikwels in Engels skryf? Sukkel jy om is en are reg aan te wend? Pootjie Engels se kompleksiteit en tenses jou gereeld?

Gooi die Rooitaal is die antwoord. Ja, ja, ons weet SA Vryskutskrywer is 'n 100% Afrikaanse webblad, maar omdat Engels wêreldwyd die taal is waarin almal - van Australië tot Ysland - sake in doen, het ons besluit om 'n klein gedeelte van ons blad aan die Queen's English af te staan om jou Ingelse skryfwerk tot perfeksie te slyp.

Hier sal jy antwoorde kry op algemene kwelvrae wat veroorsaak dat jóú Engelse verslag minder vlot as Mister Jones s'n lees. Ons maak dit ook vir jou makliker om te onthou dat their en there en lose en loose se betekenisse oseane ver van mekaar lê.

Indien jy enige spesifieke vrae of voorstelle het, kan jy 'n e-pos stuur en ons probeer jou so gou moontlik help.

Intussen kan jy solank hier rondkrap om te sien of ons dalk iewers jou geroeste Engelse taalspyker op sy kop geslaan het.

 

Inhoudsblad

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster