


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed
Versoeke

Het jy dringend 'n spesifieke
gevallestudie nodig om jou artikel net daardie tikkie ekstra drama of
geloofwaardigheid te gee?
Soek jy statistiek oor 'n
spesifieke onderwerp of plek?
Moet jy kontak met 'n bekende
maak, maar kom nie verby sy woordvoerder of bestuurder nie?
Sukkel jy met 'n storie wat
net nie wil werk nie en jou idees is op?
Het jy enige skryfraad nodig?
Hier is die hulpkrete ...
Petro Roosendaal:
Ek is dringend op soek na oulike staaltjies uit die
verlede. Ek weet daar is heelwat mense met die mooiste staaltjies en stories
wat dit graag wil deel of geskryf wil hê. Stuur enige stories of
wenke aan Petro by
anjacqueproduksies@gmail.com (27/09/2010)
Rene vra:
Het iemand dalk enige idees van mense wat besondere
genade aan ander betoon het met wie ek kan kontak maak? Antwoord Rene
direk by renebhst@gmail.com (27/09/2010)
![]()
Belinda skryf:
Ek wil graag weet hoe gaan ek te werk as ek my eie
digbundel wil saamstel en laat publiseer. Hoeveel gedigte moet daarin wees,
hoe lank moet die gedigte wees, wat is die vereistes, ens. ens.....? Baie
dankie. (21/06/2010)
Charlotte van Sittert
skryf: Ek stel belang om vertaalwerk te begin doen
en sal graag wil hoor hoe om te werk te gaan. (21/06/2010)

![]()
Jeanene Koekemoer skryf: "Gestel ek wil hierdie heerlike romantiese fiksie skryf (jy weet mos: guy meets girl, they fall in love, a jealous ex-girlfriend threatens to ruin everything, the truth comes out and they all live happily ever after…) Hierdie idee is so oud soos die berge en die konsep kan duidelik nie deur kopiereg beskerm word nie, want dis mos een van die 8 basiese storielyne, of hoe?
Maar kom ons sê ek het ‘n “spesiale hoek”. Kom ons sê my kinkel in die kabel is dat die “guy” toe al die tyd ‘n ruimtewese is en die “girl” na die maan neem vir hul wittebrood en toe is sy die eerste aardbewoner wat sien die maan is eintlik van Sterling Silwer gemaak, en nie kaas nie.
As ek nou hierdie “briljante” storie van my laat publiseer, kan daar net dalkies ‘n ander outeur êrens opspring en roep “Haai! Dis MY storie daai wat ek laas week laat publiseer het / wat ek 20 jaar gelede gepubliseer het.”
My vraag is: bestaan daar iets soos ‘n databasis waar skrywers kan kyk of ‘n spesifieke unieke storielyn of hoek al voorheen gepubliseer is? En watter maniere gebruik uitgewers om seker te maak dat die boek wat hulle wil uitgee, hulle nie ‘n peperduur copyright infringement hofsaak op die hals gaan haal nie?
Ek weet die bekende Stephenie Meyer het onder andere so stelletjie afgetrap toe die geld begin inrol a.g.v. die Twilight-reeks. Stephenie het mos gesê haar vampierboeke was op haar droom gegrond, en toe sy weer sien, spring daar toe ‘n ander skrywer op wat seker ‘n geldmaakkans gesien het en sê sy het jaaaaaaare gelede al dieselfde idee gehad en laat publiseer. Daar is toe darem wel in Meyer se guns besluit omdat die storielyne nie heeltemal dieselfde was nie. Maar die kans dat so iets gebeur hinder my nogal en ek sal graag bietjie raad wil hê asb!
NS: Die “briljante” maan-storie is regtig net ‘n hipotese ... vir indien dit dalk totaal whacko klink!" (27/01/2010)
Thomas Mollett stel voor: "Elke mens moet darem minstens kan bewys wat
hy/sy wanneer geskryf het. Baie ou metode wat selfs nog deesdae toegepas word.
Skryf jou storie met jou 'unieke' storielyn, druk dit uit, sit dit in geseëlde
koevert, laat stempel deur Kommissaris van Ede en pos dit aan jouself - as jy
dit kry sit jy dit in kluis. In geval van dispuut kan jy bewys dat jy dit op 'n
sekere datum neergepen het (volgens datumstempel). In geval van toevallige
ooreenkomste (want mense kan ook onderbewustelik goed inneem en daarvolgens
skryf) sal dit maar volgens redelikheid beoordeel moet word. Enkele dele kan
dalk ooreenstem, maar as daar in wese te veel ooreenkomste is sodat jou redelike
mens dit kan agterkom sal dit ‘n probleem raak."
Sonjia wil weet: "Hoe kan ek in die vertalersmark inkom? Ek
het 'n paar skrywerskursusse geloop en 'n boek geskryf, maar blykbaar kan
die boek weens die resessie nie nou uitgegee word nie. Ek het gedink as ek
net eers kan begin om naam as vertaler te maak, dit makliker sal wees om my
boek gepubliseer te kry. Maar hoe begin ek want ek het nog nooit voltyds
vertaalwerk gedoen nie? Ek doen wel tans op 'n vryskutbasis vertaalwerk vir
'n biblioteek vir blindes. Help!" (17/01/2010)
![]()
Ronel
Holz vra: "Kan iemand asseblief vir my sê of daar ooit nog
uitgewers is wat digbundels uitgee? Ek het met my eerste bundel die self
publish roete gevolg, maar sien die keer nie kans daarvoor!! En dan kinder- en kleuterverhale - ek
het 'n hele konsep, die eerste boekie is reeds geskryf en ek het selfs 'n
ilustreerder wat vir my die illustrasies kan doen maar quo vadis nou
daarmee?"
(04/01/2010)
![]()
-
Benodig jy enige hulp? Kontak ons om jou versoek in te stuur en ons plaas dit gratis hier.
-
Kan jy dalk iemand help? Kontak ons om jou antwoord in te stuur en ons sal dit aanstuur.

Jou
vryskut-besigheid