Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Deel op Facebook              

Gebeure

 

Dié blad bevat inligting wat bruikbaar is vir vryskutskrywers en -joernaliste. As jy byvoorbeeld op soek is na inligting oor boekvrystellings of mediagebeure ... jy's op die regte plek. Waar nodig sal die kennisgewing op hierdie blad met 'n skakel na die meer volledige inligting elders op SA Vryskutskrywer se webwerf geplaas word.

 

Enige instansie of skakelmaatskappy wat gebeure of nuus hier wil bekendstel rakende 'n gebeurtenis wat van belang is vir die skrywersgemeenskap of joernalistiek, is welkom om inligting te stuur aan admin@savryskutskrywer.co.za. Jy kan ook ons kontakvorm gebruik om dit via die webblad te stuur.

 

 

2 November 2011

Boekbekendstelling: Skryfster Irma Joubert se laaste boek in die trilogie - Kronkelpad, Wellington.

  • Klik hier vir volledige inligting en om te bespreek.

 

 

3 November 2011

Afsluiting 2011 - Dowe Digters: Donderdag, 3 November, 19:00.

Die nuwe huis word bekend gestel en digters kom vir laaste keer by mekaar in 2011 by Milnerstraat 103, Waterkloof, Pretoria.

"Die Dowe Digters is 'n vrye-digkuns groep wat begin is deur Abjater Ronkedoor. Ons het die afgelope 3 maande elke Donderdag bymekaar gekom by Pandora Arthouse, maar nou het ons 'n nuwe huis gekry waar ons vanaf volgende jaar elke 2 weke bymekaar sal kom. Ons hou ons amptelike afsluiting op 3 November 2011 om 19:00. Enigiemand is welkom om te kom bywoon, te lees of sommer net te luister. Ons is daar vir almal wat die vryheid van woorde geniet." 

  • Lees onderstaande artikel vir meer inligting:

http://www.beeld.com/Streekkoerante/Nuus/Tshwane-Hier-kry-Dowe-Digters-n-stem-20110914 

Kontak vir Abjater Ronkedoor vir meer inligting en om aan te sluit: 082 421 6754; knipmes@gmail.com.

 

MARGARET BAKKES IN PRETORIA Die formidabele MARGARET BAKKES vier nie net haar 80e verjaarsdag nie, maar het ook 'n nuwe roman einde verlede jaar gepubliseer. Fado vir 'n vreemdeling (LAPA) word met koek en tee bekendgestel in Pretoria. Donderdag 26 Januarie, 9:30 vir 10:00 Graffiti Boeke, Delano's Kolonnadesentrum, Pretoria Koste: R60 per persoon. Bespreek by 012 5482346 voor Maandag 23 Januarie.

WYNAND CLAASSEN EN TOKS IN DIE KAAP Die geliefde oud- Springbokkaptein WYNAND CLAASSEN stel sy outobiografie, Kaalvoetklong tot rugbytoks (LAPA), in die Kaap bekend in gesprek met die ewe legendariese Toks van der Linde. Dinsdag 31 Januarie, 18:00 vir 18:30 Cascades 1, Winkel 1, Tyger Waterfront, Carl Cronjérylaan Vir meer inligting e-pos mnel@lapa.co.za of skakel 021 9140936.

DIE SUIDOOSTERFEES Die Burger se Suidoosterfees - 'n fees van liefde vir 2012 - vind van 14 tot 19 Februarie 2012 in die Kunstekaap-teater in Kaapstad plaas. Op Saterdag 18 en Sondag 19 Februarie is daar boekgesprekke in Die Burger/RSG-tent. Die program kan bekyk word by www.suidoosterfees.co.za. Vir meer inligting skakel 021 446 1558 van Januarie.

DIE STELLENBOSSE WOORDFEES 2012 Dié fees, met “Groen” as tema, vind van 2 tot 11 Maart 2012 op Stellenbosch plaas. Die finale program word op 16 Januarie bekendgestel, en kaartjieverkope by Computicket open op 17 Januarie. Vir meer inligting skakel van 17 Januarie 021 808 2019 of 083 915 8000.

ABSA KKNK 2012 Die agtiende KKNK vind plaas van 31 Maart tot 7 April 2012 op en om Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Die amptelike program is van 16 Januarie beskikbaar. Vir meer inligting gaan na www.kknk.co.za.

RICHMOND-FEES Die jaarlikse Richmond-boekefees is in Mei. Meer inligting later.

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster