Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

                       

      

Dienste

 

 

SA Vryskutskrywer bied jou 'n plekkie op die 'net waar jy BAIE kortliks jou skryf-,of fotografiediens of enigiets anders wat tot voordeel van skrywers kan wees, aan die hele wêreld rugbaar kan maak.

Stuur net vir ons die inligting en ons doen die res...

 

 

        Tikwerk

Rina Burger doen ENIGE tikwerk waaronder briewe, fakse, verslae, agendas, tesisse, vorms en aanbiedinge. Betalings geskied per werkstuk. Vir meer inligting: bel Rina by 082 853 8215 of stuur e-pos na rina.burger@vodamail.co.za

 

        Publikasie

Kakkerlak Uitgewers: Uitgewers en handelaars van nuwe boeke en 'n wye reeks tweedehandse boeke, asook 'n nuusbrief wat spesifiek nuwe boeke blootstelling gee. Kontakpersoon: Chrisna van Rensburg, 011 766 4015; 083 234 0245, e-pos: kakkerlak@mweb.co.za. Webblad: www.kakkerlak.co.za.  

Selfpublikasie: Thomas Mollett laat weet: Ek is die mede-stigter van Griffel Media (www.griffel.co.za), maar het nou Piquet Publishers begin wat hoofsaaklik fokus om bystand aan selfuitgewers te verleen. Uitgewershuise is werklik sku om nuwe skrywers 'n kans te gee. Die probleem egter met sommige (en wat my betref die meeste) besighede wat selfuitgewers help is dat hulle weinig met die bemarking help. Hulle laat die skrywer maar aan die genade oor - en bemarking is nogal 'n uitdaging - selfs vir gevestigde uitgewers. Ek probeer meer fokus op die aanlynomgewing, maar laat die deur ook oop vir die tradisionele handel. Meer inligting by: www.piquetpublishers.co.za/.

 

       Fotografie

Actionphotoz: Fotografie - sport (hoe meer adrenalien ...), produkte, portrette en landskappe. Kontak Kobus Burger, eienaar en fotograaf, by 082 623 6100 of e-pos: actionphotoz@gmail.com. Webblad: http://bit.ly/actionphotoz.

Mike Turner Photography: Benodig jy die dienste van 'n professionele fotograaf? Ek is in Johannesburg en doen alles - van PR tot portretstudies en sport. My portfolio kan by http://www.miketurner.co.za besigtig word.  

 

Allerlei

Student Notes is in 2010 deur 'n ondernemende Pretoriase student begin om mede-studente se studieprobleme op te los. Die webwerf bied duisende studie- en lesingnotas wat deur ander universiteitstudente, professore en onderwysers bygedra is. Baie van dié notas kan gratis afgelaai word, sommiges kan gekoop word en enige student kan sy eie notas teen vergoeding bydra. Navrae: support@studentnotes.co.za, webwerf: www.studentnotes.co.za.  

Genealogie: Willie Botes het laat weet: Ek het my eerste genealogiese boek klaar geskryf en is besig om die finale reëlings te tref om dit te laat druk. Indien jy belangstel kan jy die boek bestel op my webblad by http://botes-stamboom.weebly.com/.

 

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster