


Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed - Artikels
LOL, K en OMG is nou régte woorde
2011-03-26
New York. – Die Oxford English Dictionary (OED) sluit nou die terme “LOL” (“laugh out loud”), “OMG” (“oh my God”) en die K-teken in as regte woorde wat waardig is vir etimologiese opname.
Dié “woorde” word hoofsaaklik geassosieer met die taal van elektroniese kommunikasie en is gewild onder veral kinders en jonger mense op sosiale netwerke soos Facebook, Twitter en MXit.
Die terme is vinniger om aanlyn te tik en help om meer te sê op platforms soos Twitter, waar daar ’n beperking is op die aantal karakters wat in een boodskap gebruik kan word.
Die OED neem kennis daarvan dat die terme in die gedrukte media – soos boeke vir tieners – voorkom en selfs in spreektaal gebruik word.
Die OED meen as iemand in die regte lewe sê hulle “LOL”, dui dit daarop dat hulle ’n “informele manier van uitdrukking” gebruik of dat hulle ’n ingeligte is wat op hoogte is van die vorme van uitdrukking wat aan die nuutste tegnologie verbonde is.
Hoewel die OED gevind het veral jonger mense gebruik dié terme, toon hul navorsing die term “OMG” is die eerste keer in 1917 in ’n persoonlike brief gebruik.
“LOL” dateer terug na 1960, maar het toe “little old lady” beteken.
Die K-teken sal volgens die OED ’n werkwoord wees.
- Bron: Huffington Post
Nog
nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik
hier en kry dadelik jou
gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.



