Welkom by SA Vryskutskrywer - Gratis goed

Deel op Facebook              

 

Gratis aflaai

 

 

 

As jy enige gratis hulpmiddels soek om jou vryskutbesigheid nóg meer doeltreffend te bedryf, is jy nou by die regte plek.

 

 

 

SA Vryskutskrywer se webblad vertoon op sy beste in Internet Explorer 8, bladgrootte 1260 x 763. Laai die nuutste weergawe van IE8 hier af.

 

Laai Adobe Acrobat Reader gratis hier af.

 

Laai Adobe Digital Editions gratis hier af.

 

Laai Java sagteware gratis hier af.

 

Laai die Pharos Speller Speltoetser & woordafbreker gratis hier af.

 

Om uit te vind hoe die nuwe belastingglyskale jou sak kan raak, kan jy dit hier deur middel van 'n aanlyn belastingrekenaar uitwerk (met komplimente van Softline Pastell).

 

Valutaberekenaar: As jy nodig het om te weet hoeveel Rand jy gaan benodig om 'n boek of ander item in Amerikaanse dollars mee te betaal of jy wil jou swaarverdiende Euros in Rand omsit, kan jy hier na 'n oulike klein wisselkoersrekenaartjie gaan kyk.

 

Al ooit gewonder wat die korrekte netiket is? Gaan laai 'n bondige gids hier af.

 

Almal moet deesdae 'n doeltreffende CV beskikbaar hê, maar baie mense wonder watter inligting dit moet bevat. Gaan laai 'n werkbare voorbeeld hier af.

 

Sprokies vir Vroue - Kristel Loots en Chanette Paul, twee van Suid-Afrika se mees gewilde liefdesverhaalskrywers, gesels oor liefdesverhale vir vroue. (Uit Vrouekeur, 11 Junie 2010; soos verskaf deur LAPA Uitgewers). Laai die artikel hier af.

 

Praktiese faktuur - Ons het die eenvoudigste faktuur saamgestel wat vir al jou kliënte sal werk. Jy kan net die relevante name en bedrae invul. Daar is ook plek vir jou eie besonderhede wat nie weer verander hoef te word nie. Laai hier af.

 

Telefoonlogtabel - Met die hemelhoë telefoononkostes, is dit wys om 'n log te hou van al jou oproepe om seker te maak jy betaal nie iewers aan iemand iets te veel nie. Kry 'n vereenvoudigde telefoonlogtabel hier.

 

SARS ritboek - Dis selde dat Jan Taks gaaf genoeg is om 'n ietsie gratis aan belastingbetalers te gee. Hierdie ritboek is werklik die moeite werd om af te laai en te gebruik. Dit maak jou lewe 'n bietjie makliker wanneer belastingseisoen aanbreek. Gaan laai dit gerus hier af.

 

Sperdatumlys - Maak seker dat jy nooit weer 'n sperdatum vergeet nie. En hou terselfdertyd rekord van betalings. Laai 'n templaat hier af.

 

Om te doen-lysie help jou om jou take en spertye realisties te organiseer en by te hou met alles wat jy daagliks moet doen. Kry joune hier.

 

Alternatiewe sleutelbord / Diakritiese leestekens - Afrikaans vereis die gebruik van kodes om leestekens op sommige letters aan te bring. Dis egter veral eienaars van skootrekenaars wat spook om leestekens op woorde aan te bring. Probleem opgelos. Gaan laai 'n kopie hier af.

 

Wie het nou altyd lus om in 'n dagboek rond te blaai? Met dié eenvoudige dagbeplanner kan jy sommer maklik elke dag jou nodige take afmerk en met een oogopslag sien wat na die volgende dag oorgedra moet word. Laai joune hier af.

 

'n Basiese Engelse grammatikahandleding wat baie nuttig te pas kan kom vir Afrikaanssprekendes wat skielik gereeld in Engels - hul tweede taal - moet skryf - vriendelik verskaf deur Daily Writing Tips (www.dailywritingtips.com). Laai jou kopie hier af.

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Terug

Sluit venster