


Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte
Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is
geen uitsondering nie! So, wees so 'n bietjie toegeeflik as ons 'n hoekie van ons
webwerf aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...
René van Staden: Ek het nooit
kon dink dat artikels skryf so 'n verfynde kuns is nie, maar die formules in die
kursus is baie eenvoudig om toe te pas. Skielik het ek van zero na talle
artikels gegaan. My eerste artikel is onmiddellik aanvaar net nadat ek die
kursus voltooi het. Baie dankie!
Praktiese kursus in Artikels skryf
[2012]
Tertia
van Wyk:
Baie dankie vir die pragtige
toesprake. Albei kinders is deur na die semi-finaal.
[2012]
Baie
dankie aan jou en SA Vryskutskrywer omdat julle omgee. Hierdie is nét wat
voornemende skrywers nodig gehad het. Julle vul 'n yslike gaping in aanlynstudies
vir skrywers. In AFRIKAANS.
Verdien
geld met Tydskrifjoernalistiek
[2013]
Caty
Nel: Baie dankie vir die konstruktiewe terugvoer en ekstra inligting. Baie
dankie vir die kursus, ek het dit waarlik geniet.
Blitskursus: ABC van
Tydskrifartikels
[2013]
Stephan Naudé: Nadat ek my
boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en
hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te
proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en
ek was nie verseker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n
baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was
uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se
proefleesdienste beslis honderd
maal aanbeveel.
[2012]
Maryna Moolman:
Jippee, het
my eerste formele e-boek projek gekry om te doen. En nog een wat ook wag. Danksy
SA Vryskutskrywer wat my deur middel van die
werkgeleenthedeblad op
O-desk se spoor gesit het!
[2011]
Baie
dankie vir 'n fantastiese kursus. Dit het 'n hele nuwe wêreld vir my geopen en
ek kan nie genoeg dankie sê nie!
Verdien
geld met Tydskrifjoernalistiek
[2013]
Jo van Staden: My
persverklarings het nog nooit regtig die resultate gelewer waarvoor ek gehoop
het nie, maar ek het nie geweet wat ek anders moes doen nie. Nadat ek die
blitskursus, Wenformule vir 'n persverklaring, voltooi het, het ek presies
geweet waarom niemand in my gebla-bla belanggestel het nie. Sedertdien het ek
drie nuwe persverklarings namens my maatskappy uitgestuur en die reaksie was
fenomenaal! Waar was SA Vryskutskrywer al die vorige jare???
[2013]
Die
Tydskrifjoernalistieke kursus is 'n fantastiese afspringplek vir enige nuwe
skrywer. Leoni se eerlike kommentaar op my artikels en haar hulpvaardige leiding
het my beskouiing van die geskrewe woord sommer handomkeer verander! Ek kan nie
wag om my gevorderde SA Vryskutskrywer-kursus aan te pak nie.
Verdien
geld met Tydskrifjoernalistiek
[2013]
Santie
Groenewald: Ek het die kursus baie geniet. Dit was pret om self
nuusstories te soek en daaroor te skryf. Ek het ook heelwat by die ingeslote
fotografiekursus geleer.
Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en
roem
[2012]
Pieter Vermeulen: Ek is mal
oor die
spesiale verslae (Voer
die perfekte onderhoud, Hoe om 'n artikel te skryf). Daar is omtrent nie 'n aspek van skryf wat ek nie deur
die verslae kan opknap nie. Die inligting is deeglik uiteengesit en neem nie
baie tyd in beslag om dit onder die knie te kry nie. En beste van alles is dat
ek dit in my eie tyd en op my eie kan doen.
Marie Wandrag: Ek staan
verstom oor die hoeveelheid inligting wat skielik via SA Vryskutskrywer vir
Afrikaanse vryskutskrywers beskikbaar is. Ek het altyd met sulke begerige oë na die
Amerikaanse webwerwe gekyk wat uitsluitlik op vryskutskrywers fokus en gewens
daar kon 'n Afrikaanse eweknie kom. En raai wat? Daar het! Die
101 Afrikaanse tydskrifmarktedatabasis is 'n fantastiese aanwins want dis so maklik om op die
lys te kyk en die tydskrif van my keuse te kontak. Ek hoef ook nie eers die
tydskrif te gaan koop om te bestudeer nie want die databasis bevat sommer die
riglyne ook. Yee-haa!As die Yanks dit kan regkry kan ons Afrikaanse ouens mos ook!
Doe so voort, SA Vryskutskrywer.
Hannetjie
Lambrechts: Baie, baie dankie vir die toesprake. Dis ongelooflik goed
geskryf en die inhoud is werklik kreatief. Die kinders het omtrent al drie op en
af gespring van opgewondenheid toe ek vir hulle die
toesprake lees!
[2011]
Cape
Media: Dankie vir die vinnige resultate met ons soeke na 'n
skrywer in Bloemfontein. Ons gaan beslis weer van julle diens gebruik maak.
Salomie
Steyn: Verlede jaar
het ons vervaard rondgeskarrel om 'n
toespraak vir my 10-jarige
meisiekind geskryf te kry, maar hierdie jaar was ons slimmer - ons het betyds op
SA Vryskutskrywer se knoppie gedruk. Wat 'n verligting! Geen stres, geen
bekommernis, net 'n slim uitgewerkte toespraak van PRESIES vier minute en my
meisiekind huppel van opgewondenheid oor die debatvoering wat voorlê!
[2013]
George van Jaarsveld: Danksy
SA Vryskutskrywer het my skrywersdroom uiteindelik gestalte gekry. Leoni het die
selfvertroue wat ek so broodnodig gehad het aan my besorg. En haar geloof in my
is bevestig toe drie van my artikels direk na afloop van die kursus aanvaar is.
Dankie tog vir SA Vryskutskrywer, anders het ek nog steeds net met 'n droom
rondgedwaal! En nou is my bankbestuurder ook weer vriende met my.
Verdien geld met Tydskrifjoernalistiek
[2013]
Johan Smit:
Baie dankie hiervoor. Dit het my gehelp om sin te maak van die opdragte en
om veral my aanbieding te verbeter. Ek weet nou ook hoe om 'n werkstuk
logies aan te bied. My punte het baie verbeter en ek weet ook nou hoe om vir
res van my studies my werkstukke te doen.
Skryf 'n
A+-Werkopdrag
[2012]
Helena Breytenbach: God
het my 'n talent gegee om te skryf, maar Hy het ook vir Leoni gestuur om my
te help om dit te ontgin. Danksy die kursus kan ek Sy boodskap nou aan almal
uitdra. Ek voel ek het uiteindelik my doel in die lewe ontdek.
Riglyne
vir Christelike joernalistiek
[2012]
Adri
Fourie:
Ek weet nie hoe om dankie te sê nie! Net nadat ek die kursus voltooi het, het ek
'n werk by ons dorp se koerant gekry. Ek sou nooit kon aansoek doen sonder die
kennis wat ek met hierdie kursus opgedoen het nie. Nou is ek ook 'n volwaardige
joernalis!
Geheime
van Gemeenskapsjoernalistiek
[2011]
Johan van Wyk:
Dit was
nog altyd my droom om vir 'n koerant te werk, maar dinge het na skool anders
uitgewerk. Hierdie kursus het my die geleentheid gegee om my droom halfpad
te verwesenlik en ek het reeds 'n paar berigte aan 'n hele paar koerante
verkoop. Dis makliker om stories te kry as at ek gedink het omdat ek op die
platteland bly en hier nie 'n verslaggewer van die koerante is nie. Ek kan
nou daardie gaatjie vul. Baie dankie, SA Vryskutskrywer!
Koerantjoernalistiek in 'n kits
[2010]
Klik hier vir nog getuigskrifte en kommentaar
As jy 'n kursus deur ons voltooi of 'n diens by ons gekry het en graag terugvoering daarop wil lewer, kontak ons gerus.
Het jy enige navrae?
Indien daar enigiets is waaroor jy nie duidelikheid het nie, of iets wat ons dalk nie op hierdie blad aangeraak het nie, kontak ons met jou navraag.

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.









