Welkom by SA Vryskutskrywer - Getuigskrifte

Deel op Facebook              

 

Dis mos maar menslik om bietjie te spog en SA Vryskutskrywer is geen uitsondering nie! So, wees maar bietjie toegeeflik as ons 'n hele bladsy aan studente en kliënte se kommentaar afstaan ...

            Klik hier om te sien wat ander skrywers van SA Vryskutskrywer dink

Tilla du Preez: Ek is gaande oor die toespraak en dink dat Till-Mari net so mal daaroor sal wees. Ek sal weer in die toekoms van julle dienste gebruik maak. Baie dankie vir hierdie puik diens.

Elize Beylew: Ek wil jou bedank vir die heerlike kursus by jou, ek het dit terdeë geniet. Dit was baie insiggewend, interessant en inspirerend om jou leerstof deur te werk. Jou vinnige terugvoering is baie gewaardeer, dit het my altyd goeie aanduiding gegee of ek op die regte spoor is. (Skryf 'n niefiksieboek)

Retha Fick: Ek het gedink ek wil jou net laat weet dat ek die kursus vreeslik baie geniet het. Eintlik het 'n nuwe wêreld op 'n manier vir my oopgegaan - ek was nog altyd lief daarvoor om rubrieke te lees, maar ek lees nou definitief meer krities en het heelwat selfvertroue opgebou om self te waag. Ek is eintlik regtig spyt die kursus is verby - ek sou nog lank so kon aanhou. Dankie vir die geleentheid wat jy geskep het. (Rubriekskryf vir 'n ekstra inkomste)

Marelize Keyter: Jaco, BAIE dankie.... Dit was vir my 'n voorreg om jou as leier in hierdie kursus te kon hê. Ek voel maar nog effe "wankelrig" vir hierdie treë - maar jou en Leoni se vertroue in my gee my moed. My ma het aangedring dat ek moet skryf, maar dis my má - ek meen, sal dit nou 'n eerlike opinie wees? (Elke swart kraai....) Dus, net weer, baie dankie. (Rubriekskryf vir 'n ekstra inkomste)

Charlene Smit: Die skryfwerk vorder wonderlik. Om vir dié kursus in te skryf was die beste ding wat ek in my lewe nog gedoen het! Baie dankie! (Skryf 'n historiese roman saam met Jeanette Ferreira)

Cape Media: Dankie vir die vinnige resultate met ons soeke na 'n skrywer in Bloemfontein. Ons gaan beslis weer van julle diens gebruik maak.

Plus50: Dis die vinnigste wat ons nog ooit 'n vryskutpersoneellid gevind het - in minder as twee ure. Baie dankie.

Miemie Vorster: Ons klop met graagte weer by julle aan vir die skryf van 'n toespraak want julle het my verlede jaar gehelp met my seun se redenaarstoespraak - graad 3 - en hy was deur na die finaal!

Anemarie Jansen: Dis die beste belegging van my lewe en dit was 'n heerlike kursus. Ek beveel dit beslis by my vriende aan. (Skryf 'n trefferroman saam met Helene de Kock)

Gerda van Niekerk: Die 101 Afrikaanse tydskrifmarktedatabasis is ongelooflike goeie waarde vir geld. Ek het nie eens besef dat daar meer as 100 Afrikaanse markte is nie! 

Liezel Slabbert: Jy het my skoon in trane van blydskap. My seun (14) het my so baie ondersteun terwyl ek die kursus gedoen het en ek is so bly om hierdie kwalifikasie uiteindelik met hom te kan deel. Mag God jou seën vir jou inspirasie! (Maak geld met Tydskrifjoernalistiek)

René van Staden: Ek het nooit kon dink dat artikels skryf so 'n verfynde kuns is nie, maar die formules in die kursus is baie eenvoudig om toe te pas. Skielik het ek van zero na talle artikels gegaan. My eerste artikel is onmiddellik aanvaar net nadat ek die kursus voltooi het. Baie dankie! (Praktiese kursus in Artikels skryf)

Suzette Liebenberg: Die spesiale verslae is 'n fees om te gebruik. Nie alleen het dit my gehelp om my effens geroeste skryfwerk weer op te knap nie, maar dis so goedkoop dat ek sommer vier gelyktydig kon bestel - en deurwerk. Ek is beslis in die mark vir nóg!

Johan Potgieter: Die blitskursusse is die antwoord vir my. Ek het nie tyd om 'n lang kursus te volg nie en toe dag ek ek sal een van die blitskursusse aanpak. My beste besluit in 'n lang tyd! Dis kort, sonder enige pretensies en sê presies wat die titel belowe. Ek is van plan om AL die joernalistieke blitskursusse te doen!

George van Jaarsveld: Danksy SA Vryskutskrywer het my skrywersdroom uiteindelik gestalte gekry. Leoni het die selfvertroue wat ek so broodnodig gehad het aan my besorg. En haar geloof in my is bevestig toe drie van my artikels direk na afloop van die kursus aanvaar is. Dankie tog vir SA Vryskutskrywer, anders het ek nog steeds net met 'n droom rondgedwaal! En nou is my bankbestuurder ook weer vriende met my. (Maak geld met Tydskrifjoernalistiek)

Salomie Smith: Verlede jaar het ons vervaard rondgeskarrel om 'n toespraak vir my 10-jarige meisiekind geskryf te kry, maar hierdie jaar was ons slimmer - ons het betyds op SA Vryskutskrywer se knoppie gedruk. Wat 'n verligting! Geen stres, geen bekommernis, net 'n slim uitgewerkte toespraak van PRESIES vier minute en my meisiekind huppel van opgewondenheid oor die debatvoering wat voorlê!

Stephan Naudé: Nadat ek my boek in die sweet van my aangesig klaargeskryf het, het ek nie geweet waar en hoe ek iemand gaan kry om die allemintige klomp bladsye - en woorde - te proeflees nie. Teen R35 per bladsy het dit op 'n aardige bedraggie uitgewerk en ek was nie verseker dat 'n uitgewer die manuskrip sou aanvaar nie. Leoni het 'n baie aanvaarbare plan vir my uitgewerk en die gehalte van die proefleeswerk was uitstekend. Ek sal SA Vryskutskrywer se proefleesdienste beslis honderd maal aanbeveel.

Jo van Staden: My persverklarings het nog nooit regtig die resultate gelewer waarvoor ek gehoop het nie, maar ek het nie geweet wat ek anders moes doen nie. Nadat ek die blitskursus, Wenformule vir 'n persverklaring, voltooi het, het ek presies geweet waarom niemand in my gebla-bla belanggestel het nie. Sedertdien het ek drie nuwe persverklarings namens my maatskappy uitgestuur en die reaksie was fenomenaal! Waar was SA Vryskutskrywer al die vorige jare???

Maryna Moolman: Jippee, het my eerste formele e-boek projek gekry om te doen. En nog een wat ook wag. Danksy SA Vryskutskrywer wat my deur middel van die werkgeleenthedeblad op O-desk se spoor gesit het!

Santie Groenewald: Ek het die kursus baie geniet. Dit was pret om self nuusstories te soek en daaroor te skryf. Ek het ook heelwat by die ingeslote fotografiekursus geleer. (Allemansjoernalistiek - jou sleutel tot geld en roem)

Pieter Vermeulen: Ek is mal oor die spesiale verslae. Daar is omtrent nie 'n aspek van skryf wat ek nie deur die verslae kan opknap nie. Die inligting is deeglik uiteengesit en neem nie baie tyd in beslag om dit onder die knie te kry nie. En beste van alles is dat ek dit in my eie tyd en op my eie kan doen.

Marie Wandrag: Ek staan verstom oor die hoeveelheid inligting wat skielik via SA Vryskutskrywer vir Afrikaanse vryskutskrywers beskikbaar is. Ek het altyd met sulke begerige oë na die Amerikaanse webwerwe gekyk wat uitsluitlik op vryskutskrywers fokus en gewens daar kon 'n Afrikaanse eweknie kom. En raai wat? Daar het! Die 101 Afrikaanse tydskrifmarktedatabasis is 'n fantastiese aanwins want dis so maklik om op die lys te kyk en die tydskrif van my keuse te kontak. Ek hoef ook nie eers die tydskrif te gaan koop om te bestudeer nie want die databasis bevat sommer die riglyne ook. Yee-haa!! As die Yanks dit kan regkry kan ons Afrikaanse ouens mos ook! Doe so voort, SA Vryskutskrywer.     

 

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Klik hier om in te teken op JOU VRYSKUTBESIGHEID se GRATIS nuusbrief.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbriewe      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                    Blitskursusse

Sluit venster