Faan Herholdt
Kursussamesteller en -opleier:

Faan Herholdt het in Kaapstad grootgeword en skoolgegaan. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer, waar hy ’n BA met Filosofie, Politieke Filosofie en Afrikaans en Nederlands as hoofvakke verwerf het. Hierna het hy ’n BA-honneurs in Politieke Filosofie verwerf met letterkundeteorie as hoofstudierigting.
Hy het uitgebreide ervaring in die koerantwęreld opgedoen en as eindredakteur by twee koerante gewerk. Hy het ook kreatief gebly deur artikels oor moderne boeke en musiek te skryf. Sedert 2009 het hy as vryskut begin werk. Dit sluit in die vertaling van vier Christelike boeke en die proeflees en redigering van verskeie ander boeke. Op die oomblik werk hy mee aan die hersiening van die Verklarende Afrikaanse Woordeboek.