


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kuberwinkel - E-boeke
Elektroniese boeke (e-boeke) is besig om wêreldwyd die leesstof van die toekoms te word en Suid-Afrika is geen uitsondering nie en dié boek wat deur middel van die internet aangekoop en afgelaai word besig om vinnig hier veld te wen.
Die e-boek se gewildheid kan beslis aan die faktor van gerief toegeskryf word - jy besluit op 'n boek wat die inligting bevat wat jy wil hê, betaal sommer via die internet en siedaar! binne enkele minute kan jy jou e-boek deur middel van 'n skakel aflaai. Wat is nou makliker en vinniger as dit?
Hier by SA Vryskutskrywer is ons ook besig om die lewe vir vryskutskrywers makliker en geriefliker te maak. Ons gaan probeer om gereeld nuwe toevoegings tot ons e-boekwinkel te maak. Kom kyk dus gereeld of hier iets is wat jy nodig het.
Intussen kan jy na ons beskikbare e-boeke kyk. Miskien is daar iets wat jou skryfwerk nóú gaan help.
Hoe om 'n e-boek te koop:
-
Besluit op die e-boek van jou keuse.
-
Klik op die omslag vir volledige besonderhede en om te koop. Jy sal na 'n ander blad herlei word.
-
Klik op die betaalknoppie by die e-boek en volg die betalingsaanwysings soos deur PayFast verskaf.
-
Nadat jou betaling aanvaar en goedgekeur is, sal jy binne twee ure 'n e-pos ontvang met die unieke skakel waar jy jou e-boek kan gaan aflaai.
-
Lees die Terme en Voorwaardes hier.
-
Al die e-boeke word in pdf-formaat verskaf wat met behulp van Adobe Acrobat gelees kan word. Laai Adobe Acrobat Reader hier af.
-
Laai Adobe Digital Editions gratis hier af.
Beskikbare e-boeke:




