Welkom by SA Vryskutskrywer - Bondgenote

 

SA Vryskutskrywer poog om Afrikaanse skrywers op alle vlakke by te staan. Dit behels dus ook samewerkingsooreenkomste met of blootstellingsgeleenthede aan ander groepe of verenigings wat ook Afrikaans as skryftaal wil bevorder.

Hier kan jy 'n paar van ons bondgenote ontmoet en meer omtrent hulle uitvind.

 

Graphics.CTexT.WebLogo.1.0.0.MHM.2008-09-30.gif

Die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®) van die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus) is ʼn navorsing- en ontwikkelingsentrum op die gebied van taaltegnologie (die kombinasie van natuurlike taal soos Afrikaans met rekenaartegnologie). CTexT se Afrikaanse SkryfGoed 2008 vir Microsoft® Office is die enigste versameling skryfhulpmiddels (Speltoetser, Grammatikatoetser, Tesourus, Woordafbreker) vir Afrikaans.

Lees meer oor CTexT by www.nwu.ac.za/ctext of CTexT se sagtewareprodukte by www.spel.co.za.

Lees hier meer oor Afrikaanse SkryfGoed 2008 vir Microsoft® Office.

Kry  R50  afslag  op  die   Afrikaanse  SkryfGoed  2008  vir Microsoft® Office  as  jy  dit  deur  middel  van  dié  skakel  bestel: http://www.spel.co.za/savryskut.html

 

 

Rapport Boeke is 'n maandelikse literêre bylae in Rapport. In dié bylaag, wat ook aanlyn beskikbaar is, kan jy meer lees oor jou gunsteling skrywers, resensies en artikels oor boeke, skryfwerk en publikasie.

Webwerf: www.rapport.co.za/Boeke

 

 

 Die Afrikaanse soekmasjien.

 Deursoek die Web in Afrikaans

 

 

Deursoek duisende Afrikaanse webwerwe met dié soekenjin.

 

 

Woes is vir skrywers, Woes is vir Afrikaans en mense wat Afrikaans geniet. As jy in Afrikaans skryf en 'n plek soek om die wêreld jou werk te wys, dan is hierdie jou plek.

Webwerf: www.woes.co.za

 

Lees meer vir minder met uitgesoekte boeke teen afslagpryse vir lede van Rapport Boekeklub, verskaf deur kalahari.net.

Webwerf: http://www.kalahari.net/rapport/default.aspx

 

Boeke Beeld verskyn elke Maandag in Beeld en bespreek nuwe boeke, is vol inligting oor gebeurtenisse, algemene boekgoed en publiseer sporadies onderhoude met skrywers.

Webwerf: www.beeld.com/vermaak

 

 

Die Nasionale Persklub is verbind daartoe om te oorleef in 'n toenemend mededingende internasionale omgewing - deur globaal bewus en plaaslik tersaaklik te wees.

Webwerf: www.nationalpressclub.co.za.

 

 

Die Vereniging van Professionele Joernaliste van Suid-Afrika (ProJourn) is 'n groep uitsluitlik vir werkende Suid-Afrikaanse joernaliste en poog om die werksomstandighede van joernaliste te verbeter. Lees die Konsepgrondwet hier ...

Webwerf: http://projourn.yolasite.com/ / http://www.projourn.org.za

 

jouwêreld e-tydskrif bied 'n unieke platform vir joernaliste wat in die bedryf begin. Met behulp van die blootstelling in jouwêreld se maandelikse e-tydskrif bou nuwe skrywers die selfvertroue en reputasie op wat hulle benodig om in dié mededingende bedryf opgang te maak.

Webwerf: www.jouwereld.co.za

 

Die Southern African Freelancers Assocation (SAFREA) is 'n professionele vereniging vir vryskutwerkers in die kommunikasiebedryf. Die vereniging is in 1999 gestig met die uitsluitlike doelwit om die belange van vryskutmediaspesialiste soos skrywers, fotograwe, redakteurs, ens. te bevorder en 'n professionele standaard te handhaaf.

Webwerf: www.safrea.co.za

 

Boekemakranka - 'n Virtuele Leeskring Die een plek op die web waar skrywers en lesers almal  saam in Afrikaans kan gesels oor skrywers en boeke.

Webwerf: http://leeskring.lefora.com/.

 

Journalism.co.za Dié mekka vir Suid-Afrikaanse joernaliste. Lees weekliks al die warm nuus wat net vir joernaliste van belang is en kry toegang tot hulpbronne wat jy nodig het om jou werk deeglik te doen.

Webwerf: http://www.journalism.co.za

 

 

As jy dalk 'n skrywersgroep of -vereniging het, of jy reken jou groep se bydraes kan dalk  meehelp om SA Vryskutskrywer se gebruikers op hulle vryskutpad by te staan, kontak ons gerus. Gebruik onderstaande vorm om 'n boodskap of voorstel te stuur - en moenie vergeet om jou webblad se internetadres in te sluit nie.

 

Naam:*
E-pos:*
Onderwerp:*
Boodskap:*

                          Sluit Venster