SA Vryskutskrywer

 

 

Welkom by SA Vryskutskrywer - Nuusbrief - 20 April 2011

 

Die verskil tussen "plagiaat" en "leen"

 

deur Anita de Kock

 

Daar is 'n groot verskil tussen plagiaat en "leen" van 'n ander skrywer se woorde of idees.

Eerstens, daar is geen kopiereg op idees nie, so ek dink nie dis moontlik om sommer met 'n idee plagiaat te pleeg nie - behalwe nou as jy 'n ander skrywer se idee oorskryf en s nou maar net die name van die karakters ens verander en die res dieselfde hou en dit as jou eie werk verklaar.

Plagiaat is die direkte oorskryf of gebruik van 'n ander skrywer se werk - woord vir woord en dit as jou eie werk en onder jou eie naam te gebruik.

Wat die "leen of gebruik" van ander skrywers se werk betref, is dit toelaatbaar indien jy die nodige erkenning aan die skrywer gee. Dit is (of was) die riglyne in die SA Perswet. Jy mag enigiets van 'n skrywer gebruik mits jy erkenning gee daarvoor. Dus, as jy met 'n werkstuk besig is, of 'n toespraak skryf, of selfs 'n leeskring aanbieding doen, en jy gebruik iemand anders se woorde of 'n woordelikse aanhaling uit iemand se werk, moet jy erkenning gee daaraan dws die naam van die skrywer, titel van die boek, uitgewers en soms ook die bladsynommer.

Wanneer dit kom by die gebruik van gedigte vir een of ander openbare geskrif of tesis, moet toestemming van die skrywer of uitgewer (afhangende wie die kopiereg besig) gekry word voor jy dit kan gebruik. Mondelinge gebruik van die materiaal is OK so ver ek weet solank jy die skrywer erken.

Daar is so ver ek weet geen kopiereg op aanhalings "Quotations" wat in die openbaar gemaak en/of gedruk is nie - solank jy net s wie dit gedoen het, al is dit net "die skrywer is onbekend."

Die hele kwessie van kopiereg en plagiaat is reeds in talle boeke beskryf - en veral in die Suid-Afrikaanse Perswet. Ek het twee verouderde kopie daarvan (elke joernalis en skrywers behoort dit op sy rak te h). Dit was soort van jou "bybel" wanneer jy vir die pers werk. So ek sal almal wat met woorde werk aanraai om 'n kopie in die hande te kry en net te lees.

Ek maak baie gebruik van ander skrywers se opmerkings, woorde ens wanneer ek aanbiedings doen, en heg altyd 'n bronnelys aan en het tot dusver nog nooit in die moeilikheid beland nie.

My raad vir jong en nuwe skrywers (van watter genre ook al) is om 'n deeglike studie van die SA perswette oor kopiereg en plagiaat te maak alvorens jy jou werk publiseer. Plagiaat het reeds die loopbane van vername mense vernietig, so wees paraat.

 

Deel |

 

Nog nie op ons GRATIS nuusbrief ingeteken nie? Klik hier en kry dadelik jou gratis geskenk en geheime kodes wanneer jy jou intekening bevestig.

Vertel 'n vriend van ons GRATIS nuusbrief      

 

Tuisblad                    Skryfkursusse                  Blitskursusse

Sluit venster