Welkom by SA Vryskutskrywer - Vryskutgereedskapkis - Afrikaanse Skryfgoed

 

'n Skrywer se eerste en mees blywende indruk is sy spelvermoë. Stuur nou 'n spelfoutbelaaide manuskrip na 'n uitgewer of redakteur en die kanse dat jy selfs 'n afkeuringsbriefie vir jou aandenkingleêr gaan ontvang is 'n ronde nul. Géén skrywer word dus op sy baadjie getakseer nie, maar wel op sy spelvernuf.

Verstaanbaar is nie almal van ons spelfratse nie, maar vir diegene wat sukkel om die korrekte gebruik van v of f te onthou of nie kan onderskei tussen ronde en rondte of ly en lei  nie en etlike jare steeds vashaak met die hoeveelheid -sse in interessant, is daar uiteindelik uitkoms.

 

           

 

Afrikaanse SkryfGoed 2008 wat deur die Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT) van die NW Universiteit ontwikkel is, is die enigste versameling Afrikaanse skryfhulpmiddels vir Microsoft®Office en sluit die volgende in:

Afrikaanse Speltoetser: herken 99.6% van alle korrekte woorde, onafhanklik geëvalueer op 'n gestratifiseerde toetsteks van 30 000 woorde.

Afrikaanse Grammatikatoetser: help met die los- en vasskryf van woorde, sinskonstruksie en meer (die heel eerste vir Microsoft®Office).

  Afrikaanse Tesourus: kry nuttige voorstelle en alternatiewes vir geykte woorde.

  Afrikaanse Woordafbreker: breek woorde op die regte plekke na die volgende reël af (veral nuttig vir bladuitleg).

 

Die suksesfeite:

 

 Lees hier waarom korrekte spelling so belangrik is.

  Lees meer oor CTexT by www.nwu.ac.za/ctext of CTexT se sagtewareprodukte by www.spel.co.za.

 

Kry  R50  afslag  op  die   Afrikaanse  SkryfGoed  2008  vir Microsoft® Office  slegs as  jy  dit  deur  middel  van  dié  skakel  bestel: http://www.spel.co.za/savryskut.html

 

                                Sluit Venster