


Welkom by SA Vryskutskrywer - Kursusafbetaling
Met die ekonomie
wat wêreldwyd steeds bietjie knyp en finansiële verpligtinge wat nooit afneem
nie, het ons besluit om daardie ontwykende skryfdroom binne elkeen se bereik te
plaas met verskillende betaalplanne. Jy kan dus nou 'n opsie kies wat jou sak
pas - sonder om te moet wag totdat jy eendag die volle kursusfooi beskikbaar
het vóórdat jy eers kan inskryf.
So komaan, nou's daar wraggies géén verskoning meer om daardie skryfmuse aan die oor te gryp, vir 'n kursus te registreer en te begin skryf nie. Makliker kan dit beslis nie ...
Behalwe vir die volle vereffening van kursusfooie, bied ons ook DRIE afbetalingsplanne:
Betaalplan 1: Afbetaling in 2 paaiemente: Dié betaalopsie geskied in twee paaiemente van 50% elk - met ander woorde, jy betaal die volle kursusfooi in twee gelyke paaiemente af. Jou eerste paaiement is verskuldig met registrasie en voordat enige kursusmateriaal aangestuur word. Die tweede paaiement - wat die oorblywende 50% van die kursusfooi verteenwoordig - is die daaropvolgende maand betaalbaar. Let egter daarop dat in die geval van dié betalingsopsie slegs die helfte van die kursusmateriaal in die eerste maand aangestuur sal word. Die res sal by betaling van die tweede en finale paaiement aan die student verskaf word.
Betaalplan 2: Afbetaling in 3 maande: Dié betaalopsie bevat 3 (drie) gelyke paaiemente wat oor 'n tydperk van 3 (drie) maande vereffen word. Die betalings geskied een keer per maand en die kursusmateriaal word volgens die afbetaling aangestuur: een derde van die kursuspakket met registrasie en betaling van die eerste paaiement, nóg 'n derde by betaling van die tweede paaiement en die res na betaling van die derde paaiement.
Betaalplan 3: Afbetaling oor 10 weke: Die laaste opsie behels 10 (tien) weeklikse paaiemente - met ander woorde, jy kan jou volle kursusfooi weekliks vir 10 weke lank afbetaal terwyl jy studeer. Jou kursusmateriaal word in dié geval weekliks en na elke paaiement aan jou gestuur.
Hoe om NOU vir jou droomkursus te registreer:
-
Lees asseblief die Afbetalingsterme en -voorwaardes hier wat as 'n bindende kontrak tussen jou en SA Vryskutskrywer sal dien.
-
Kry hier vir antwoorde op enige vrae wat jy dalk nog mag hê.
-
Kies jou kursus en vul die onderstaande vorm in.
-
Na suksesvolle registrasie sal jy binne enkele ure 'n registrasievorm ontvang.
-
Kontak ons met enige navrae.

Jou
vryskut-besigheid