Welkom by SA Vryskutskrywer - V & A: Kan ek my werk verkoop?

 

Ons opleiers se eerste prioriteit is om jou tydens die duur van die kursus te leer presies hoe om vas te stel wat die markte soek en benodig.

Tweedens lei hulle jou deur middel van 'n intensiewe skryfproses met gepaardgaande oefeninge sodat jy stap-vir-stap kan leer hóé om vir 'n gekose mark te skryf. Markriglyne, wat jou sal help om jou mark beter te identifiseer, maak ook deel uit van die meeste kursusse.

Ons kursusse is spesiaal só ontwerp en saamgestel dat jy ná voltooiing daarvan onder meer minstens een persklaar tydskrifartikel of -kortverhaal, of twee hoofstukke en ‘n verkoopbare sinopsis van ‘n roman, of ‘n nie-fiksie boekmanuskrip sal hê wat jy aan ‘n tydskrif of uitgewer kan voorlê.

 

Wanneer sal ek my werk kan verkoop?

Uit ondervinding weet ons dat baie studente hulle werk onmiddellik na afloop van die kursus verkoop kry, maar ‘n hele klomp kry dit reg om sommer tydens die kursus al te begin verkoop. Dit hang net van jou af - hoe vinnig jy werk en hoe vinnig jy jouself begin bemark.

 

Wat se tipe betaling kan ek verwag?

Die inkomstepotensiaal is goed – vir die enkele artikel wat jy met behulp van jou persoonlike opleier voltooi, kan jy minstens R1.50 per woord betaal word (en dis nogal konserwatief geskat). Dit beteken dat ‘n artikel van tussen 1 200 en 1 600 woorde vir jou sowat R2 000 tot R3 000 in die sak kan inbring – byna jou hele kursusfooi!

Vir enige van die ander kursusse kan jy tot omtrent R20 000 vir ‘n roman of nie-fiksieboek verdien (mits dit goed verkoop), bykans R2 500 per kortverhaal en minstens R3 000 vir ‘n foto-artikel – beslis die moeite werd vir ‘n begin, is dit nie? (Let daarop dat bogenoemde bedrae slegs skattings is en dat die werklike fooi wat jy kan verdien óf hoër, óf laer is, na gelang van die mark wat jy teiken.) 

 

Indien daar enigiets is waaroor jy nog onduidelikheid het, stuur asseblief vir ons jou navraag deur middel van onderstaande aanlynvorm.

Naam:*
Van:*
E-pos:*
Boodskap:*
Verifikasienommer:*
contact form faq

 

Terug na V & A