Welkom by SA Vryskutskrywer - V & A: Hoe werk ons kursusse?

 

Aanlynstudies raak wêreldwyd ál meer gewild weens hulle bekostigbaarheid, gerief en persoonlike opleidingsmetodes. Ons kursusse word spesifiek ontwerp met hierdie kenmerke in gedagte. Alles wat ons aanbied is prakties, professioneel en op die man af. SA Vryskutskrywer se opleiers is spesiaal toegerus om jou vanaf bladsy een te help om jou eie skryfstyl te vind en te ontwikkel. In ons intense een-tot-een opleidingstelsel is jy nie net 'n student nie, maar 'n mede-skrywer. Onder volg ‘n paar vrae wat gereeld deur voornemende studente gevra word, met ons antwoorde daarby. Indien jy na dese nog enige navrae het, moenie huiwer om ons te kontak om klarigheid te kry nie.

 

Wat presies behels aanlynstudies?

n Aanlynkursus is soortgelyk aan ‘n korrespondensiekursus met die verskil dat alle kursusmateriaal (kursusnotas en terugvoering van jou opleier) via e-pos gestuur word in plaas van slakkepos soos in die goeie ou dae. 

 

Hoe werk SA Vryskutskrywer se kursusse?

Soos reeds gesê, alle kursusse en kommunikasie word deur middel van die internet gedoen. Wanneer jy vir ‘n kursus registreer en die toepaslike kursusfooi* ten volle betaal het, word jou kursusmateriaal dadelik aan jou gestuur, sowel as ‘n verwelkomingbrief van jou persoonlike opleier. Jy kan dus sommer dadelik aan die werk spring. (*Kyk onder by Hoe betaal ek die kursusfooie? vir besonderhede.)

 

Wat maak SA Vryskutskrywer se kursusse anders as ander instansies s’n?

 

 Wat is die toelatingsvereistes?

 

Wanneer kan ek vir ‘n kursus registreer?

Omdat ons 'n aanlynkollege bedryf, kan jy enige tyd vanaf die middel van Januarie tot en met die einde van November vir 'n kursus inskryf. Ons aanvaar nie nuwe registrasies tydens Desember nie omdat die somervakansie wat in hierdie tydperk val, alles omver gooi en min mense is in staat om gedurende daardie kuiertyd van die jaar te kan werk.

 

Hoe en waar registreer ek en wat gebeur na registrasie?

Klik op die registrasieblad-skakel wat op elke kursusleerplanblad is of, as jy reeds voor die tyd besluit het vir watter kursus jy wil inskryf, kan jy net op die KURSUSREGISTRASIE-skakel klik en die aanlynregistrasievorm voltooi. Ons sal binne 24 uur op jou registrasie-aansoek antwoord en indien jy ons vaardigheidstoets geslaag het, sal ons jou faktuur met die kursusfooi per e-pos aanstuur. Jou verwelkomingsbrief en toewysing aan jou persoonlike opleier en kursusmateriaal volg kort daarna.

 

 Hoe betaal ek die kursusfooie?

 

 Watter baat sal ek by SA Vryskutskrywer se kursusse vind?

 

Is SA Vryskutskrywer se kursusse geakkrediteer?

Nee, maar ons reik ‘n Sertifikaat van Voltooiing uit as al die vereistes vir ‘n betrokke kursus nagekom is en ons help jou om jou eerste treë op jou vryskutpad te gee. Ons bied ook volledige na-kursus ondersteuning.

 

Aan watter vereistes moet ek voldoen om 'n Sertifikaat van Voltooiing te verwerf?

Indien daar enigiets is waaroor jy nog onduidelikheid het, stuur asseblief vir ons jou navraag deur middel van onderstaande aanlynvorm.

Naam:*
Van:*
E-pos:*
Boodskap:*
Verifikasienommer:*
contact form faq
Terug na V & A