


Welkom by SA Vryskutskrywer - Skryfuitdaging - Facebook-skryfpoging
Op Donderdag, 8 April 2010, is 'n spontane storie deur lede van SA Vryskutskrywer se Facebook-blad geskep. Meer as 3 000 woorde is in net vier dae geskep en die storielyn het verskeie interessante kinkels en draaie geloop. Dit hoef egter nie die einde te wees nie. Enigiemand kan by die storie aanlas om dit nóg meer interessant te maak. Jy kan SA Vryskutskrywer se blad by http://www.facebook.com/pages/edit/?id=181038960909#!/pages/Klerksdorp-South-Africa/SA-Vryskutskrywer/181038960909 besoek en help om ons storie verder uit te brei. Sondagaand se aflewering het op 'n besliste spanningsnoot geëindig...
Die storie in sy geheel soos deur verskeie SA Vryskutskrywer Facebook-lede geskryf:
"DIT WAS 'N DONKER AAND. SUSAN KON SKAARS HAAR HAND VOOR HAAR Oë SIEN. DIT WAS DIE TIPE AAND WAAR ALLES OM JOU EKSTRA HOORBAAR RAAK..."
Selfs die skaars hoorbare geritsel van die blare klink onheilspellend hard. Die donkerte laat Susan voel of sy versmoor, vasgedruk word deur 'n onbekende, bose mag...
Die vlerkklap van 'n uil teen haar wang laat haar struikel.
Sy staan moeisaam op. Loer om haar, hoor dan ‘n geritsel agter haar. Sy kyk versigtig om en daar sien sy ‘n donker skim op n swart hings. Dis genoeg om haar te laat hardloop. Sy slaan op vlug ... maar die perdhoewe agtervolg haar. Sy hardloop en kyk na agter, die ruiter is vlak agter haar, te laat kyk sy voor haar en hardloop haar plat teen ...
Sy loop versigtiger. Die huis kan nie meer te ver wees nie. Een of ander dier tjank in die verte.
Sy voel hoe haar hart benoude bokspronge maak - sy sal versigtig moet trap as sy nie wil hê iemand moet haar hoor nie...
Terwyl sy suutjies voortbeweeg dink sy aan die storie wat 'n ontstelde Louise haar 'n paar aande gelede vertel het. Snert, het sy nog gedink. Die mense ly almal aan ooraktiewe verbeeldings.
Dan sien sy weer die gietswart hings, hierdie keer pyl hy van voor op haar af. Dalk is dit glad nie dieselfde mens nie, dalk is daar meer as een ruiter. Meer as een mens aan wie die maan se lig nie wil raak om hom te ontmasker nie.
Nou wat nou?
She crouched down, every nerve taught, trying to control the trembling that shook deep in her being. The rider reined the stallion in, but it fought him, nostrils flaring, eyes rolling as it jerked its head viciously. Susan groaned inwardly as the horse bucked ever closer to her hiding place- she could feel the heat radiating from its wild prancing. Bits of mud flew into her face. Where was Phillip?
Die perd spits sy ore, 'n geluid in die verte het sy aandag getrek. Hy huiwer, draai weer sy kop na waar sy inmekaar getrek lê ... Susan kan die dier ruik, so naby aan haar is hy nou.... Sy is lam van vrees. Sê nou die ruiter klim af en stel ondersoek in, maal dit deur haar angsbevange gemoed. Die perd tol om, man en ruiter trek met dawerende hoewe weg. Modder spat oor Susan, waar sy nog steeds lê. Gaan hulle terugkom? Elke sintuig van haar is tot die uiterste ingespan vir die geringste geritsel. Sy weet die gevaar kan nie baie ver wees nie. Sy wag....
Hoofstuk 2
Inspekteur Teresa Hugo skrik met 'n helse kopseer wakker. Die selfoon skel 'n jammerlike geklaag wat na iets van Ace of Base klink.
Wie de joos bel so vroeg? wonder sy en oorweeg dit eers om die gelui dood te druk. Dan bedink sy haar en druk die groen knoppie.
"Inspekteur." Dis Chikuni se swaar dralerige Afrika aksent wat in haar oor kras." Chikuni, magtag, weet jy hoe laat dit is?" Sy is moeg, sy het gisteraand eers laat by die huis gekom. "Ek hoop vir jou part jy het 'n goeie verskoning vir hierdie oproep. Ek belowe as dit sommer vir str...
"Teresa! Teresa!" She could hardly hear the urgent whisper through the crack of her headache, but there was no mistaking the panic in the voice. "Teresa," the whisper came again. "Wat?" she snapped annoyed. "I can't speak Afrikaans," replied the anxious voice, so low she could barely make out the words. "They're listening in...It's Susan..." and suddenly the line went dead.
Die wind waai die takke krakerig teen die venster en in haar pyn gevulde brein weerklank dit soos 'n hulpkreet uit 'n donker onderwereld."Hulle, wie...
Teresa staar verdwaas na die gehoorbuis in haar hand. Sy skud haar kop asof sy die slaapnewels fisies van haar wil afskud. Sy dog dit was Chikuni, maar dan weer, haar pyngevulde dronkgeslaapte brein is nou eers werklik wakker. Susan?! En wie is dit wat inluister?! Sy stap kombuis toe terwyl sy die kantoor se nommer skakel. Hulle moet die oproep probeer naspoor. Maar eers koffie...
Teresa sluk die warm koffie ingedagte, nog vakering weg en besef dan dat dit 'n selfoonnommer was wat op haar skerm verskyn het. Waarop luister die mense in wat Susan van praat?! Die keep tussen haar wenkbroue verdiep...
...en sy skud haar kop ergerlik. Haar kollegas moenie hierdie tyd van die oggend speletjies speel nie. Hulle is juis so 'n spul platjies in kantoor nommer twee. Met Susan wat gister afwesig was, was dit nogal heelwat stiller as gewoonlik. Snaaks, almal het maar aangeneem sy het ook die griep wat die helfte van die dorp tans in die bed het.
Maar sy is nou wakker en van terugklim in die bed is daar nou geen sprake van nie. Sy sit die vuil koppie in die wasbak. Dalk sal 'n stort nou net die gewenste uitwerking hê op haar moeë gemoed. Sy klim onder die stort in en voel hoe die verfrissende water al die teisterende gedagtes wegspoel...
Sy reik uit na die Jasmine body scrub wat sy vanoggend by die Body shop gekoop het en begin dit uit die botteltjie op haar sponsie druk. Sy dink aan waardeur sy die afgelope 3 maande is. Maar darem is dit alles nou verby. Skielik begin haar vel brand. Sy gryp dadelik die body scrub en ruik daaraan. Dit ruik nie soos Lavender nie... Net toe sy dink alles is verby...
... besef sy dat sy hierdie oorlog waarskynlik vir die res van haar lewe sal moet veg. Hierdie oorlog teen die onsigbare, die oorlog teen haar gewete en die al ewige oorlog teen al die herinneringe. Sy ruk haarself terug vanuit haar dwaal en saak 'n sug van verligting toe sy besef dit was weer eens net haar verbeelding...
It was all Chikuni's fault. He set the whole nightmare in motion again with his hoarse, frantic whispers. What on earth was he panicking about? He should have known that you can't listen in on cellphone calls ... or can you? The familiar sick feeling of creeping fear began to insinuate itself into her stomach again. Where WAS Susan?
Skielik kom daar 'n dringendheid oor haar. Iets het met Teresa gebeur! Sy onthou nou dat Teresa en Chikuni die vorige aand 'n afspraak gehad het. Sy moet vinnig by Chikuni uitkom. Sy gryp vinnig gister se denim van die stoel af, pluk dit aan, sukkel ongeduldig met die halstarrige ritssluiter, pluk die eerste trui wat sy in haar kas kry oor haar kop en soek na haar sleutels terwyl sy voete in skoene indwing...
Onder die skoene sien sy die perdemis. "Word ek mal? Was daar dan tog vanmôre 'n perd in die mistigheid?" Sy pluk die skoen uit en ruik daaraan. "Definitief perdemis", sê sy hardop. Sy voel verlig. Sy weet nou dat die swart hings 'n werklikheid was.
Sy swets toe die motorfiets na die eerste probeerslag nie sy kenmerkende brul gee nie.
"Vreksel, moet jy nou 'n piesang in die speek ontwikke," beduie sy hardop vir die Harley, haar enigste trots op aarde.
Sy loop garage toe om die skroewedraaier te gaan haal, sal wragtig weer die sitplek moet afskroef om die battery te laai.
In die loop skakel sy Chikuni se nommer. Na 'n lang gelui, die grinterige antwoord: "Inspekteur, jy's laat ... the entire bloody police force is looking for you."...
"Wat de hel? Chikuni, wat's jou storie boetman? Kom huis toe, kom praat hier, ek't probleme met die bike."
"Vir my, hoekom vir my? Ek kry 'n oproep van Susan nog voor die hoenderhaan of die moskee hieronder besef dis oggend, maar julle soek vir my?! Waar is Susan? Of Phillip? Hulle het gisteraand net verdwyn in die mistigheid daar tussen die bome. En daai perd... Het jy dit ook gesien?" Teresa voel 'n rilling weer koud teen haar ruggraat afsny as sy aan die perd se kappende hoewe dink. "Hy het asof van nêrens skielik gekom." Asof hy vir iets geskrik het, dink Teresa, maar se dit nie vir Chikani nie.
Die perd én sy ruiter het in die niet verdwyn. "Weet jy waarmee hou Phillip homself deesdae besig?" maal Louise se vraag in Susan se kop terwyl sy die donker huis versigtig nader, kalm nou, asof die perd haar op 'n manier verseker het dat sy sterker is as die boosheid wat sy steeds kan aanvoel. As dit nie was vir die flou skynsel van 'n lig wat diep binne-in die huis brand nie, sou sy gedink het die huis is bloot die berg se skaduwee. Dalk is die agterste gedeelte van die huis binne-in die berg. Dalk is die berg... Nee! Sy kan nie... wil nie glo dat Phillip besig is met... Agter haar! Iets.... 'n tak? Voetstappe.... Asem...
'n Groot onrus tref haar toe terugflitse van die vorige nag ewe skielik tot haar deurdring. Daar was dus regtig 'n perd. Nee, daar was twee. Haar hart gaan op galop - harder en dit voel asof dit ook in haar kop weergalm. Waar was ek? Sy sê dit hardop. Wat het ek gedoen? Sy gaan sit op haar hurke langs haar fiets en sien skraapmerke en spatsels.
Iets ruk deur haar. Is dit dalk bloed?
Sy spring op, hardloop kombuis toe. Haar hart klop in haar kop. Sy gryp lappe en seep, ek moet dit verwyder voordat Chikuni dalk wel hier aankom.
"Wie se...", sy skud haar kop, God nee, moet asseblief nie dat dit 'n mens wees nie. Nee, val sy haarself in die rede, WAS nie.
Instinktief besef sy dat daar gedeeltes van die vorige nag is wat sy nie kan onthou nie. Dit is asof sy dit begrawe het in plekke waar sy nie wil delf nie. ... "Maar waar pas die perde in die storie?" Sy wonder hardop. Haar telefoon begin bewe teen haar. Sy tel dit op om te sien wie dit is wat gebel het, die skerm is gekraak.
"Wat het ek laasnag gedoen?"
Hoe bisar ook al, sy sit en gesels met hom oor die dae tydens die Grensoorlog. Hy kies sy woorde baie netjies en in korrekte en mees suiwer Afrikaans. Sy antwoorde is kort en berekend, nie soos haar charismatiese babbelbek nie. En, skielik besef sy, ja, skielik tref realiteit haar, dat dit mos HY was wat die sluipmoorde uitgevoer het in die 1970's. Dat dit hy was wat stil met sy uniform die troepe leer skiet het - en hy? Hy het sy koeëls deur EEN gat geskiet. Een teiken, een gat. Vier koeëls. 'n Meester. En meer.
En in hierdie donkerte weet sy dat hulle gesels dalk plastiek is, of dalk werklik, en met niemand kilometers van hul bestemming af, voel sy dat sy werklike rede tot vrees het vir die man - sy is OF in groot moeilikheid, Of sy is baie baie veilig, met die Magnum in sy tas. En die Magnum is toe NIE 'n roomys wat kan smelt nie. Hul gesels op die bank in die oorverdowende stilte, sy hoor elke asemhaling, en elke kraak as hy op die bank net sy bene skuif.....
Sy verstyf toe hy vooroor buig. Sy skouers ruk. Huil hy?
Die stilte is onheilspellend. Waarom het ek nie maar vir Teresa gevra om saam met my te kom nie, vra Susan haarself af terwyl sy met ingehoue asem wag vir nog 'n geluid. Of iets. Teresa is die professionele speurder, nie sy wat Susan is nie. Eienaardig, die drie van hulle.... totaal uiteenlopend, en tog is hulle beste maats sedert skooldae al. ...
Susan Hugo, die nuuskierige een wat alles wil weet, oopvlek tot op die been, Louise Gouws, net so nuuskierig, maar sal net wonder, bespiegel, ja skinder, en sy, Susan Malherbe, die een wat vir Phillip oorwin het. Vir háár het hy sy liefde gegee.... sy belofte van ewige trou. Ten aanhore van almal het hy gesê: "En hierdie een met die kuiltjie in die wang, sal my vrou wees vóór die einde van hierdie jaar." Hy het háár hand gevat, háár nader getrek, nié vir Louise wat toevallig ook 'n kuiltjie in haar linkerwang het nie. Wie sê Louise het nie die storie oor Phillip opgemaak nie? Het sy ooit bewyse?
Kobus gooi die netjies getikte manuskrip op die lessenaar neer en haal sy bril af. Sowat van 'n deurmekaar storie het hy lanklaas gelees. Die skrywer het duidelik min ondervinding en die karakters is 'n warboel. Hy kon later nie meer agterkom wie Teresa en wie Susan is nie. En waar pas Phillip en die perd in die prentjie? Hy reik na die volgende bruin koevert op die hopie. Dalk is daar iets publiseerbaar in. Net toe hy dit begin oopskeur, swaai sy kantoordeur oop.
"Hey Kobus!" shouted Phillip, "You won't believe what has been happening down in the woods this evening! Man, there are hoof-prints all over the place, Harley skid marks, blood spatters ... And some very strange-looking people have turned up at the Holiday Inn. Apparently they are looking for someone called Susan, or Teresa - she's supposed to be some kind of runaway with a split personality or something."
Kobus froze. His eyes flitted towards the inncuous-looking manuscript with its total confusion of plot and character. What on earth was going on?
Hy tel die manuskrip op asof hy dit weer wil lees, maar Phillip se teenwoordigheid verhoed hom. Was die manuskrip 'n boodskap? Vir hom? Wat wil hulle of die skrywer hê moet hy daaraan doen? Hy kyk ondersoekend na Phillip en besef dat Phillip ook deel van die bisarre plot was. Of nie? Waar pas Phillip regtig in?
Kobus trek die boonste laai van sy lessenaar oop en haal die bottel met die bekende geveertetjie daarop uit.
"Kry vir ons twee glase in die kombuis," glimlag hy vir Phillip.
Toe Phillip omdraai, vroetel hy verder in die laai tot sy hand op die koue staal van die Magnum rus.
Hy druk die Magnum by sy broek se belt agter in en laat sy hemp bo-oor hang. Totdat hy nie meer weet nie, sal hy Phillip met die grootste omsigtigheid behandel, want hy is terdeë bewus van Phillip se vermoëns met 'n wapen. Inteendeel, hy ken Phillip se geskiedenis maar net te goed. Phillip verskyn in die deur met die twee glase.
“Kobus, jy kort ‘n dop,” sê Philip toe hy terugkom. “Ons is met vakansie man. Die girls lê langs die swembad en jy is besig om ons almal se vakansie te bederf met die aanhoudende gelees.” Hy sit 'n drankie langs die bril neer.
Kobus lag verleë en besef dat hy sal moet opmaak vir sy anti-sosiale gedrag. “Wat het in die bos gebeur? En hoekom is die girls so vroeg op?”
"Ag, I don't know" Phillip shrugged. "That loony Chikuni was huffing and puffing all over the place, mumbling about horses and Harleys. At least all the excitement has brightened the place up a bit. The girls want to go and take a walk through the woods after lunch. Are you game?"
Kobus felt his muscles tighten fractionally. What was Phillip up to... Why did he want to go wandering through that inhospitable bush? He tried to look indifferent. "Ummm, no Phil, I don't think so. I'd like to have another look at this manuscript - it's got potential I think, but maybe it needs to be de-coded somehow."
The most remarkable expression flitted across Phillip's face that completely unnerved Kobus. Secretive, knowing, cunning, almost malicious. So something WAS going on - and he was being sucked into this weird conspiracy.
Kobus sluk sy whisky met een teug weg, sak dieper in die stoel terug. Toe hy die Magnum teen sy ruggraat voel vasdruk, skink hy vir hom nog 'n dubbel. Vra nie of Phillip nog reg is met syne nie. Hy is bepaald besig om gek te word. Tot sy rewolwer is in die storie ingeskryf. Dit voel vir hom of iemand besig is om vir hom of haar 'n alibi op te bou. Vir wat? Hy sal in die verdomde woud moet in. Hy sal gewoon 'n mal perd moet opsaal en gaan kyk of hy 'n vrou met ‘n persoonlikheidsprobleem, 'n konstabel, 'n perd of ’n Harley kan opspoor. In sy werk as uitgewer het hy al geleer die waarheid is vreemder as fiksie.
Dan besef sy, stilte is nie stil nie, en voel 'n skielike kalmte toe sy bewus word van die kriekies,' dit moet so wees'. Net 'n oomblik van vrede en sy is weer op haar hoede. Ek moet luister vir onnatuurlike klanke, klanke wat nie hier hoort nie! Onwillekeurig dink sy aan wat Sophie altyd gesê het......
"Wees braaf." Susan leun agteroor met haar kop teen die rots en sluit haar oë. Sy sal braaf wees en wag....
Kobus en Phillip stap met 'n flinke pas deur die woud. Kobus is bewus daarvan dat Phillip met gemak beweeg. Hy weet Phillip het goeie bosopleiding gehad, maar hy dink tog ook dat Phillip die pad ken. Hy het dit al meer as een keer gewandel. "Hoe ver?" wonder hy hardop. Phillip draai skielik om en daar is 'n onheilspellende lig in sy oë wat Kobus onbewustelik na die metaal van die Magnum teen sy rug laat soek.
"Gee jy voor jy ly aan geheueverlies, of nie?" vra Phillip so sag dat Kobus wonder of hy die vraag werklik gestel het. 'n Mens moet nooit sy eie verbeelding onderskat nie, het hy juis die anderdag iewers gelees. Die koue metaal in sy hand oortuig hom dat hy in beheer is van die situasie en nié Phillip nie.




